Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Gerda Oberholzer

Gerda Oberholzer

Dorp: Kathu

Antwoord 1: Die manier hoe ons presies dieselfde mens is en steeds mekaar verstaan. Is dit nie gewoonlik dat "opposites attract" nie? Wel al is ons presies dieselfde in persoonlikheid weet ek en my Ma presies hoe om met mekaar te werk. Ons weet wanneer wie, wat benodig. Jy dink jy weet wanneer iemand jou nodig het. Ek voel wanneer my Ma my nodig het. Ons verhouding is spesiaal want, as jy na My en Ma ma se verhouding kyk sal jy weet wat Liefde is. Onvoorwaardelik kry betekenis waar daar geen voorwaardes bestaan tot ons liefde vir mekaar nie. Ek bly haar dogter ongeag enige situasie of rede. My Ma het my geleer kos maak en alles anders wat ek vandag vir my kinders leer so met dit gese is My ma die beste voorbeeld van Vrou en Ma wees en ons verhouding en mens wees weerspieël dit in mekaar. Ons het nie nodig om elke liewe dag in te "check" nie want ons weet net wanneer rit nodig is die vroulike sesde sintuig of Ma en Dogter band.

Antwoord 2: My Pa. My Ma se man en Oupa wat Hy is het min of meer 3 jaar terug bekend gemaak aan ons dat hy uitgevind het hy het rektum kanker. Ons het op die plaas gewoon in die Noord-Kaap in n klein dorpie genaamd Vanwyksvlei. Ek het skool gegaan in Prieska en daarna gaan studeer by NWU n MBW Menslike bewegingswetenskappe graad. My Ma was nog altyd n plaas vrou en my Pa n boer en vee bemarker. Toe ons die nuus ontvang het die seer begin, maar nog nie geweet waarvoor ons ons self in laat nie. Dit het vinnig sleg begin gaan met ongewone kritiese gevalle met my Pa. Hy het begin behandeling ontvang en hulle moes verhuis na Mosselbaai om by die Dokter en hospitale te wees. Eweskielik, was my Ma so ver van my af, maar geen afstand het n verandering gemaak in ons verhouding nie. In teen deel, is die daaglikse "check in" nou n werklikheid ook om te hoor of my Pa orait is. Nou is my Ma my Rots en anders een honderd persent ook so vir haar. Ons nodig om te weet deurentyd hoe elkeen voel emosioneel en fisies. My Ma sien om na my Pa en dit vat baie van haar en ek het die wêreld se respek vir my Ma daarvoor en daarom volg ek haar voorbeeld elke dag van Ma wees, vrou wees en net mens wees.

Antwoord 3: Net soos Man en Vrou, moenie kwaad gaan slaap nie. Dit is dit nie werd nie en more is nie virseker nie. Wees en volg die voorbeeld sodat ons mekaar het om na te strewe. Wees baie lief vir mekaar elke dag. Wees betrokke by mekaar se daaglikse lewe. ( my Ma kry elke dag fotos van my twee kinders en lewe) . Bid, bid vir mekaar en glo saam.