
Dorp: STELLENBOSCH
Antwoord 1: My dogter en ek deel 'n band wat werklik spesiaal is, Lisa is meer as net my kind, sy is my beste vriendin, my vertroueling en my grootste vreugde. Wat ons verhouding spesiaal maak is dat ons vertrou mekaar, en ons verhouding is gebou op openheid en ondersteuning. Ons is altyd daar vir mekaar, deur dik en dun. Ten spyte van baie uitdagings deur die jare, veral 2025, het sy ongelooflike krag getoon. Haar vriendelikheid, deursettingsvermoë en glimlag verlig my wêreld. Ek is trots om haar ma te wees en dankbaar vir ons onbreekbare band.
Antwoord 2: Verlede jaar was moeilik - sy het boelies op skool in die gesig gestaar, en ek het gesukkel om die angs wat sy deurgemaak het, te verstaan. Daar was tye wat ek hulpeloos gevoel het, maar ons het op mekaar gesteun en dit saam deurgewerk. Ons het openlik gepraat, hulp gesoek wanneer nodig, en mekaar daaraan herinner dat ons saam sterker is. Daardie moeilike oomblikke het ons eintlik nader aan mekaar gebring en ek is so trots op hoe ons dit hanteer het.
Antwoord 3: Ons raad aan ander moeders en dogter is om oop en eerlike kommunikasie te prioritiseer. Skep 'n veilige ruimte waar julle julle gedagtes en gevoelens sonder oordeel kan deel. Wees mekaar se ondersteuningstelsel en maak altyd tyd vir mekaar. Vetroue is die sleutel - koester dit, en julle band sal floreer.