
Dorp: Bela Bela
Antwoord 1: Ek en my Ma sien mekaar nie net as Ma en dogter nie, ons is mekaar se beste vriendinne. Ons deel alles met mekaar en ons weet van alles wat in mekaar se lewens aangaan. Ons gee vir mekaar raad en staan mekaar by in elke opsig moontlik. Ons lag saam, huil baie saam en deel spesiale oomblikke saam. Vir n beter verhouding tussen ons, kon ons nie voor vra nie. My ma was nog altyd net n voorbeeld, sy is liefdevol, sy het n sagte hart en stel altyd almal se belange bo haar eie. Sy het my geleer om self n goeie ma te wees. Woorde sal nooit genoeg wees om die band tussen ons te beskryf nie.
Antwoord 2: Shoe, dis ń moeilike een maar in ń maklike opsig. My Pa is 4 maande terug oorlede op die ouderdom van 57. Hy was my Ma se eerste en grootste liefde vandat sy 12 jaar oud was. My Pa was natuurlik my grootste held gewees. In hierdie tyd moes ons meer op mekaar steun en ook baie trane saam stort. Dit het ons altwee geleer dat die lewe baie kort is en dat ons net mekaar het en elke dag voluit moet leef. Ek dink dit het ons altwee laat groei in ń manier wat ons nooit gedink het moontlik is nie.
Antwoord 3: Vertrou mekaar en wees altyd opreg en eerlik met mekaar. Dit het nog altyd vir ons gewerk. As jy en jou Ma ń naby verhouding met mekaar het en in elke opsig alles met mekaar deel, wie het dan vriende nodig. Jy en jou Ma sal nooit mekaar oordeel nie, julle kyk verby mekaar se foute, jy dra jou Ma se DNA en sy joune. Wees lief vir mekaar elke dag, wees daar vir mekaar elke dag, ondersteun mekaar, die lewe is bitter kort en mens besef dit eers wanneer jy iemand naby aan jou verloor. Die dag as een weg val wil jy in jou hart kan se dat jy elke moontlike oomblik ten volle benut het saam met daardie persoon.