Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Jeané Blom

Jeané Blom

Dorp: Rustenburg

Antwoord 1: Wat ons verhouding spesiaal maak is dat my Ma nie net 'n Mamma is nie maar my Beste Vriendin. Met alles kan ek na haar toe gaan, al is dit 'n gebroke hart of 'n vrolike hart. Die woorde van "anyone could be a father but it takes someone special to be a dad", maar ek sê altyd "anyone could be a mother but it takes someone special to be my Mommy". Ek dink nie daar is genoeg boeke, papiere en ink penne, selfs potlode om te beskryf wie my Ma is nie. Sy is regtig 'n engel wat net die beste verdien. Ja, ons kan wel baklei en as ek sê baklei, dan is dit BAKLEI maar dit maak ons op die ou einde van die dag net meer sterker en 'n hegte band. Ons kry gereeld wat mense ons vra of ons sussies is - wel ek is die jonger sussie (haha). Wat ons verhouding spesiaal en so kosbaar maak, is dat maak nie saak in watse situasie ons sit nie, as daar 'n oproep deurkom is ons daar vir mekaar. Maak nie saak hoe oud jy word of waar die lewe jou vat nie, 'n dogter sal altyd haar mamma wil hê.

Antwoord 2: Ek en vriendinne het eendag gesels oor kind wees en hoe mamma's van vandag hul kinders moet hanteer. Ek dink, soos wat ek glo, 'n paar mamma's en tiener dogters gaan, was dit moeilike stadiums van ons lewe, om deur te dink ons is groot en wat weet mamma nou eintlik, maar die antwoord is, ek is vandag 'n vrou wat in die voetspore van my Mamma loop. 'n Vrou wat soos my Ma wil wees. Om met alle eerlikheid te sê het ek vergeet van die minder goeie tye omdat ons net die goeie tye onthou en wat ver bo alles uitstaan. Ek is in 2004 gediagnoseer met Tipe 1 Diabetes en my Ma was my Super Hero! Wel, is nogsteeds want sy het my gehelp om myself 'n leefstyl te gee wat my gesond hou en nogsteeds doen, al is ek nou in my volwasse jare. Deur laat aande, wakker word deur die aande, vroeg oggende en deur die dag op en af, om my te help inspuit en suiker toets, het sy nooit opgegee op my nie.

Antwoord 3: Aan elke mamma - soms gaan dit voel of julle misluk, maar dis wat ons super mamma's maak. Niemand het ooit gesê dinge gaan maklik wees nie, maar eending is vir seker - jy is nooit 'n mislukking nie - jy moet nooit in jouself twyfel nie Aan elke dogter - gee haar 'n kans - she is doing the best she can. Ek is vandag 'n getroude vrou met 'n paar volwasse jare en nogsteeds het ek my Mamma nodig Wees oop met mekaar, ken mekaar, wees die veilige huisie vir mekaar, gee om vir mekaar en moet nooit julle pad skei nie (you will always be there)