Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Christelle en Salomy Jacobs

Christelle en Salomy Jacobs

Dorp: Brits

Antwoord 1: Elke oomblik saam is ontsettend kosbaar en spesiaal. Ons heg waarde aan die tyd wat ons met mekaar deel want ons weet hoe vinnig dinge kan verander. Ons tye saam is net ongelooflik lekker en propbol herhinneringe. Ons mors nie meer tyd op nonsense nie. Ons probeer elke oomblik inneem, waardeer en geniet. Ons is heletyd bewus is van die belangrikheid van die tyd wat ons saam het. Ons liefde vir mekaar is onvoorwaardelik en onveranderlik. 'n Dogter is 'n deel van 'n ma se identiteit en 'n ma is 'n deel van 'n dogter se identiteit. Ons deel ervarings, herinneringe en tradisies wat 'n spesiale band skep soos my dogter wat my as Ma skoonheids behandelings gee en bederf. Dit maak my diep trots en gelukkig en niks maak my meer gelukkiger as om vir my dogter iets spesiaal te kan doen of gee nie. Niks is ooit te veel gevra nie. Ons is beslis mekaar se grootste ondersteuners en vertrouelinge. Ek probeer my dogter die wêreld sien en te verstaan, maar eintlik leer sy my die lewe verstaan. Wat ons verhouding nog meer spesiaal maak is dat ons op dieselfde dag gebore is. Eke verjaarsdag is 'n groot geskenk vir mekaar. Ons eer mekaar op daai dag en sal altyd probeer om saam te wees.

Antwoord 2: In matriek was Salomy verskriklik ge-boelie wat veroorsaak het dat sy met dwelms, drank en verkeerde mense betrokke geraak het en in ‘n diep depressie ingeval het. Dit het ongelooflike spanning op ons verhouding geplaas in die sin van baie konflik, wantroue maar oor hartseer. Ek as Ma, het ‘n heeltmal ander kant leer ken van my pragtige dogter. Dit was ‘n diep donker tyd vir ons, maar ons het nooit opmekaar opgegee nie. Sy het met haar lewe probeer veg by tye, maar dan was daar ook 3 keer wat ek op haar pap lyfie afgekom het waar sy einde wou maak aan haar lewe. Ek het ook gesien hoe sy haarself probeer sny en seermaak. Dit is die ergste ding waardeer nie net ‘n Ma nie, maar ook ‘n dogter moet worstel. Onderwysers het vir haar gesê sy sal niks ooit wees nie. Ek het dit nooit geglo nie en met my eie lewe vir my dogter geveg en haar beskerm so goed ek kon. Sy het my as Ma gehaat omdat sy nie toe besef het dat dit wat ons doen om haar weg te vat van situasies was net om haar te beskerm. Vandag is sy ‘n suksesvolle besigheidsvrou met haar eie klein skoonheidsallonetjie. Die seertyd het ons geleer dat maak nie saak hoe donker, seer en onbekend die dag van more is nie om nooit ooit op mekaar op te gee nie. Maak nie saak hoe sleg dinge gaan nie, daar is altyd hoop. Dit maak nie saak wat mense dink of sê nie. As ons mekaar het, het ons alles. Dit het ons van die diepste liefde geleer. Amper te groot om te begryp, om mekaar te ondersteun ten alle tye en tyd te maak in die besige lewe.

Antwoord 3: Wees onverantwoordelik lief vir mekaar met respek sonder enige verwagting. Kommunikeer. Praat met mekaar, luister na mekaar en wees altyd eerlik. Probeer om tyd saam deurbring en dinge te doen wat julle geniet al is dit net 'n koppie koffie of om elke oggend vir mekaar hello te sê. Wys waardering en belangstelling in mekaar. Ons stem nie altyd saam nie, maar het geleer om mekaar se opinie en sienige te waardeer en dan nogsteeds daar te wees vir mekaar. Neem mekaar altyd in ag. Niks moet ooit as vanselfsprekend aanvaar word nie. Ek dink die belangrikste is om te vergeet en te vergewe en net te fokus op die positiewe dinge in julle verhouding. Wees altyd jouself. Onthou, elke verhouding is uniek, maar met liefde, begrip en kommunikasie kan elke Ma en dogter ‘n sterk en spesiale band hê.