
Dorp: Gauteng
Antwoord 1: Ons is beslis mekaar se steun pilare en altyd daar vir mekaar. Ons het n awesome ma en dogter verhouding maar is ook beste vriendinne. Respek gaan albei kante toe en ons is beslis altyd daar om die Ander een op te tel.
Antwoord 2: My dogter is tans in Amerika besig om te AU Pair en ons is nou Nader as ooit. Ons praat elke dag op WhatsApp video en bel mekaar. Nie altyd maklik met n 7ure verskil nie maar ons maak tyd om dit te maak werk. Al is ons sover bel sy my nogsteeds as raad nodig het.
Antwoord 3: Wees daar vir mekaar en natuurlik die beste raad kommunikasie is die beste. Luister na mekaar en neem mekaar se gevoelens in ag. Want saam is julle sterker.