
Dorp: ROODEPOORT
Antwoord 1: Ek en Anelle het 'n wonderlike verhouding want ek is geseënd om 'n dogter te hê. Sy is die middelkind tussen 2 pragtige broers. Ons 2 is soos Pap en sous of Pizza en rooiwyn! Ons lag saam, huil saam, droom saam en glo saam in Here! Ons sorg dat ons afsprake vir ons naels op dieselfde dag is, so uur uitmekaar en daarna bederf ons mekaar by 'n koffiewinkel of restaurant. Ons deel diep geheime en lekker stories. Ons kyk na dieselde flieks en hou van mooi aantrek. Pinterest is on 2de Bybel Ek is ook bevoorreg om Augustus vanjaar ouma te kan word en ek weet dat dit ons NOG meer gaan saambind. Sy was 'n vreeslike "entertaining" dogtertjie en dit het steeds nie verander nie!! Ons is mal daaroor om tyd saam deur te bring!
Antwoord 2: Anelle het op 31 Des 2022 haar trouman ontmoet, by die kerkdiens en hulle is op 28 Julie 2023 getroud. Ek kon die volgende dag sien dat sy iemand ontmoet het. Haar antwoord aan my, toe ek gevra het hoe sy weet dis haar trouman, was iets wat ek self vir haar gesê het: " mamma, as jy weet; dan weet jy!" Daardie 6 maande tot en met die troue was wonderlik. Ons het saam beplan, gereël, gelag en ook blydskapstrane gestort. Die soeke na die droom Trourok, was die heel lekkerste en dit was vir my 'n voorreg om vir haar 'n kombuistee te kon reël, wat nie sy of ek ooit sou vergeet nie. Ons albei lei so klein bietjie aan angstigheid, maar saam praat ons daaroor en sê vir mekaar dat ons okay sal wees. Ek vermoed dis omdat ons albei perfeksioniste is! Ek dank die Heer, vir ' n verhouding soos ons twee sin.
Antwoord 3: MAAK TYD VIR MEKAAR. Net soos met enige verhouding moet mens hard werk daaraan, maar ook die lewe saam kan geniet. Luister wat die ander ene sê, respekteer mekaar en gee mekaar ook spasie. Bid wanneer dit moeilik gaan, huil as dit nodig is, lag meer as wat jy kan en maak ook tyd vir ander! O ja, 'n drukkie en wortelkoek, maak ook alles beter.