Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

MARLENE HALL

MARLENE HALL

Dorp: PORT ELIZABETH

Antwoord 1: My naam is Marlene Hall (52) en my dogter is Megan Ferreira (28). Ek en my dogter het n warm, hegte, unieke en spesiale band, en sy verwys dikwels na my as haar beste vriendin. Ons verhouding is gebou op onvoorwaardelike liefde, n gedeelde, empatieke verstandhouding, en die oordrag van n intergenerasie wysheid, krag en vrouwees. Ons albei maak staat op hierdie diep, en daaglikse ontwikkelende verhouding, as n primere bron van leiding, ondersteuning en vriendskap om ons deur die lewe se onverwagte uitdagings te lei en n diepe wete van samehorigheid te onderhou. Tydens haar geboorte was ek n tuisteskepper, wat my die voorreg gebied het om baie tyd en aandag aan haar te spandeer en van geboorte af het die band net daagliks aangehou groei. Sedert ons baie dieselfde geaardheid en gedeelde belangstellings het, spandeer ons graag tyd saam, maar weet ook wanneer om mekaar ruimte te gee. Ons het n baie mooi en eerlike verhouding en sover ek weet is daar nie veel geheime tussen ons nie (ten minstens nie oor die belangrike dinge nie) en ons ondersteun mekaar in alles wat die een of ander aanpak. Ons kuier graag saam en kan ure lag oor die kleinste dingetjies, maar weet ook dat daar niemand anders is wat so sterk langs die ander sal staan, en in moeilike tye mekaar beter sal ondersteun of raad gee as ons nie. Megan verstaan my so goed en sal altyd dadelik weet as ek nie lekker voel nie of as iets my omkrap.

Antwoord 2: Een van die mees onlangse en mees spesiale tye was Megan se troue op die 11de Oktober 2025, dit was een van die mooiste dae in haar lewe en ook myne. Ons het n jaar lank saam beplan en ja, gestry oor al die reelings en kleiner goedjies wat maar saam met so n belangrike lewens gebeurtenis gaan, maar die naweek was n groot sukses en sy was n pragtige bruid. Terselfde tyd was dit ook een van die moeilikste en hartseerste tye, sedert my man (Megan se Pa), in 2023 aan kanker oorlede is, en sy afwesigheid en die gemis en verlange na hom was met tussenposes gedurende die naweek fel voelbaar. Dit was verskriklik hartseer vir Megan dat haar Pa haar nie na die kansel kon vergesel nie, en dat sy ook nooit die kans sou kry om die spesiale Pa en dogter dans saam met haar Pa te kon dans nie. Tydens die huwelik seremonie het ek egter ons dogter self en met groot trots aan haar aanstaande man afgegee, en ek glo dit het sy goedkeuring weg gedra. Gedurende sy afsterwe was Megan my regterhand en steunpilaar en het dit ons selfs nog nader aan mekaar gebring. Dit was n baie swaar tyd gewees in ons albei se lewens en ons het beurtelings mekaar staande gehou en geondersteun. Ek kan die Here net dank vir hierdie mooie dogter van my.

Antwoord 3: Maak seker dat daar altyd oop, eerlik en duidelike kommunikasie tussen julle is en dat albei partye gewillig is om nie-veroodelende luister te beoefen. Respekteer mekaar en spandeer doelbewuste kwaliteit tyd saam. Stel gesonde grense en valideer mekaar se emosies. Vier elkeen se individualiteit, eerder as om konformiteit af te dwing ’n Gesonde band floreer wanneer beide partye by veranderende rolle aanpas en ondersteuning bied.