Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Marlize Havenga

Marlize Havenga

Dorp: klerksdorp

Antwoord 1: Ons is REAL.. al ons varkies is nie altyd op hok nie, maar ons hok is altyd oop vir mekaar se varkies. Ek en Zoë het ‘n baie spesiale verhouding meer so omdat sy na baie hartseer en die dood van my eerste dogtertjie weer Lewe gebring het en dit in Oorvloed. Ook haar naam se betekenis.. ‘ n lewe soos net God dit kan gee! Ons verhouding is meer soos die van twee vriendinne wat nie bang is om mekaar tereg te wys nie en mekaar aanvaar en liefhet sonder kondisies of vooropgestelde idees. Of dit is om hartseer te deel, te skinder oor die nuutste familie mannewales of net mekaar se stemme te hoor is elke dag op ons prioriteits lysie!

Antwoord 2: In 2023 het ek na 22 jaar besluit om my huwelik te beindig.. My grootste vrees was dat ek Zoë en haar klein boetie sou benadeel. In hierdie onstuimige tyd van verwarring, verandering en soveel onsekerheid het ons mekaar se steunpilare geword.. deur dik en dun, hartseer en kwaad het ons verhouding bly staan en ons kon mekaar ondersteun en bystaan sonder oordeel. En vandag is ons liewer vir mekaar as ooit want ons was vulnerable eerlik en oop oor hoe ons gevoel het.

Antwoord 3: Wees net onvoorwaardelik lief vir mekaar! En as mammas leer om te luister wanneer jy moet luister en gee raad wanneer dit gevra word moet dit nie net uitdeel nie. En wees net “human” wees geduldig met mekaar niemand doen alles altyd reg nie en mammas leer ook elke dag.