Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Jomari Du Plooy

Jomari Du Plooy

Dorp: WITBANK

Antwoord 1: Die band tussen my en my ma is so spesiaal omdat dit nie net ’n moeder-en-dogter-band is nie, maar ook ’n vriendskap soos geen ander nie. Wanneer ons met iemand oor goed en sleg wil praat, bel ons mekaar. Ons foonlog het elke dag minimum 5 tot 7 oproepe tussen ons. Ons liefde vir mekaar is regtig iets besonders.

Antwoord 2: ʼn Paar jaar gelede het ʼn verjaardagviering ʼn onverwagse wending geneem toe my ma op geneem is . Haar longe het ingestort, en sy het 55 dae in die ICU deurgebring, geïntubeer en gesukkel om te kommunikeer. Ek onthou so goed die frustrasie op my ma se gesig terwyl sy probeer het om haar gedagtes oor te dra, nie kon praat weens die ventileerderbuis nie. My moeder het vreeslike prentjies op ʼn mini-witbord geteken, soos ʼn snaaks lykende perd, terwyl sy probeer het om te vra oor my perdry. Gedurende hierdie donker tyd het die dokters ons voorberei op die ergste, maar my moeder het geweier om op te gee. Sy het onvermoeid geveg en het uit die ICU gekom ʼn bietjie anders, maar steeds die sterk, liefdevolle moeder. Al is haar longkapasiteit nie meer dieselfde nie, en sy kan nie so veel praat soos voorheen nie (bietjie rustiger en stiller, wink-wink), koester ons elke oomblik wat ons saam deel. En weer het ek besef watse ongelooflik vrou sy is.

Antwoord 3: Om by mekaar te staan en mekaar die vryheid te gee om te wees wie hulle werklik is. Om leiding te gee om die regte besluite te maak. Om langs mekaar te loop, deur die lewe se suksesse en beproewings, en om ondersteuning en onvoorwaardelike liefde te bied. Om mekaar te respekteer en te koester, en om ware, onvoorwaardelike liefde vir mekaar te he.