
Dorp: Johannesburg
Antwoord 1: Glenda (Ma): Ons verstaan en vertrou mekaar. Ek voel sys die eerste persoon met wie ek goeie nuus wil deel. Sys my beste vriendin. Ek dink elke dag aan haar en bid dat sy veilig is want as sy veilig is is my hart rustig. Ons click in alles wat ons doen, ons deel 'n liefde vir kinders en skoonheid. Jayde (Dogter): Ek dink die feit dat ons altyd saam kan lag. Ons verstaan mekaar op 'n ander vlak en ons dink dieselfde. Ek dink Liewe Jesus het ons breine dieselfde "gewire". Ons kan enigiets met mekaar deel. My ma is my beste vriendin— ek sou sê sy is 'n superheld. Sy weet wanneer daar fout is nog VOORDAT daar fout is! Ons deel oneindige liefde vir mekaar soos ma en dogter hoort! En soos my ma gesê het deel ons dieselfde belangstellings, sy het net vergeet om te noem...KOSMAAK!
Antwoord 2: Glenda(Ma):Dit moet wees toe ek in Amerika gewerk het en so baie gemis het, die matriek afskeid, rok-pas sessies, ek sou graag daar wou wees deur die moeilike tye in eksamen en hartseer dae haar net 'n drukkie wou gee. Dit het ons geleer om mekaar nooit as vanselfsprekend te aanvaar nie. Jayde(Dogter): Defenitief toe my Ma in Amerika was. Dit was moeilik sonder haar veral omdat ek in Matriek was! Ek sal verseker sê dat dit ons verhouding laat groei het want al was sy so vêr het sy tog so naby gevoel. Sy het my ondersteun. Haar dae was ook nie altyd maklik nie en ek wens soms ek kon haar hand vashou en bid. Die Here se genade is so groot—Hy het ons gedra, en Hy doen nogsteeds, nou beter as ooit.
Antwoord 3: Glenda(Ma): Kommunikasie is belangrik. Jy moet altyd weet julle kan met mekaar praat oor enige iets. Vertroue mag nooit gebreek word nie. Maak tyd vir mekaar in vandag se gejaagde tye is dit belangrik om mekaar te sien of net te gesels al is dit oor die weer dit maak saak dat jy van die ander een gehoor het. Wees net lief vir mekaar en vergewe sonder om te onthou. Jayde(Dogter): Wees net lief. Uit die oog van 'n dogter— Waardeer jou ma, sy het jou gebaar en in haar moederskoot gedra. Daar bestaan nie nog so 'n tipe liefde nie en sodra jy dit besef, verander jou siening heeltemal. Vergewe mekaar dadelik, die Here vergewe jou elke dag. Lag baie! Vertrou mekaar en aanvaar mekaar. Laaste maar nie die minste nie— wees dankbaar. Dis almal se eerste keer op Aarde en jou ma of jou dogter gee hul bes.