
Dorp: Kempton Park
Antwoord 1: Ons is soos olie op die vuur. Ons lag saam, huil saam en moet elke dag met mekaar praat. Daar is mos nou niks lekkerder as om iets met iemand te deel wat net soos jy is nie.
Antwoord 2: Megan het 2 jaar terug deur n baie slegte tyd van haar lewe gegaan. N verhouding wat nie uitgewerk het nie. Ons moes saam deur die hele proses gaan om dinge te verwerk. Maar aan die einde vd dag het ons altwee geleer dat die Here het n doel met ons almal se lewens. Ons verstaan dit net nie op daardie oomblik nie
Antwoord 3: Wees eerlik met mekaar en praat oor dinge wat pla. Moenie dink dat more is nog n dag nie. Want more kan dalk te laat wees.