
Dorp: Upington
Antwoord 1: Ons het dieselfde persoonlikhede wat soms weerligte en donderweer laat gebeur maar ten spyte van dit is ons altyd oop en eerlik met mekaar. Ons deel alles, ons hartseer, ons pyn, ons vreugde en is mekaar se beste vriendinne.
Antwoord 2: Ons het in 2021 groot trauma gehad toe ons, ons heel familie verloor het. Ek (Ma) is 'n enigste kind en het op Vadersdag 2021 my pa en my kinders se Oupa aan Covid verloor. Ek en my oudste dogter en my man moes vanuit SA alles virtueel reël en kon ook nie sy begrafnis bywoon nie. My dogter het twee weke daarna haar 16de verjaaradaf gevier en 3 dae later moes ons ook my ma groet, sy het aan hartkwale gesterf. Ons was verpletter, maar dit was nie al nie. 2 weke na my ma het my man ook skielik gesterf. Ek en my dogter moes 'n nuwe normaal vind en intussen moes sy my help om haar 3 jarige sussie ook groot te maak.
Antwoord 3: Wees altd oop en eerlik met mekaar. Praat oor alles onder die son en wees mekaar se veilige hawe. Verstaan ook dat al het julle dieselfde persoonlikhede, julle nog steeds verskillende persone is en respekteer mekaar. Bly biddend en pak elke berg of dal met geloof aan.