Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Riana Venter (Mamma) Eloné Venter (Dogter)

Riana Venter (Mamma) Eloné Venter (Dogter)

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Eloné is een van my grootste drome met ń hartklop en ń hand wat myne styf vashou. 26 jaar gelede, het die Here my geseën met die mooiste baba dogtertjie, na ń swangerskap vol komplikasies, wat byna haar lewe geeis het. Sy is een van die mooiste blomme in my akker en ons twee kan ure gesels, hou van dieselfde storie boeke, flieks, rose en ons voltooi mekaar se sinne. Ons kan ure saam kuier met koffie en deel ń passie vir kuns items en alles wat mooi is. Ons roep mekaar gereeld om ń sonsondergang te bewonder. Ons albei se gunsteling kleur is pienk. Tot vandag toe glo ek dis omdat ek in pienk “gedink” toe ek met haar swanger was. Met die eerste hartklop op die sonar, het my hart net geweet dat ek swanger is met ń dogtertjie en het ek haar eerste pienk rokkie gekoop vir die somer. Haar wysheid verstom my en ek is so dankbaar vir my beste vriendin, wie my dogter ook is.

Antwoord 2: Een van die moeilikste tye wat ons saam beleef het, noem ons vandag ons “Jobs” tydperk. Sy was 16 jaar oud toe ek met ovariële kanker diagnoseer is. Ons het vir ń paar maande voor die diagnose al geweet dat daar iets verkeerd is met my, maar ons het die slegte nuus nooit verwag nie. Ons was by die see met vakansie en ek het besluit om ń afspraak met die ginekoloog te maak. Die see vakansie het in ń ramp ontaard en ek sal nooit vergeet hoe sy gebid het en die Here gevra het om my te spaar en te genees. Die Here het haar gebed verhoor en vandag is ek genees. Van daardie oomblik af, was dit asof ons elke dag omhels het met dankbaarheid en regtig net voluit begin leef het. Ons het daarna begin om meer foto’s te neem en oomblikke vas te lê. Foto’s neem is ek en Eloné se groot passie. Ons het geleer om die lewe te vier en elke jaar ń gesins album te maak. Ons noem dit ons genade boeke. Vandag is elke jaar se foto album, ons koffie tafel boeke en nie weggepak in ń kas nie, sodat ons dikwels daarna kan kyk en onthou om die lewe te geniet en ń lewe van dankbaarheid te leef.

Antwoord 3: Waardeer mekaar en omhels mekaar se uniekheid, want die band tussen ń ma en dogter, is so ń groot geskenk van God. Wees verdraagsaam teenoor mekaar en mammas moet besef dat dogters groot word en dogters moet besef dat mammas oud word. Laat jul hande mekaar altyd in vriendskap vashou. In groot word en oud word, kan ons mekaar vlerke gee om struikelblokke te oorwin. Vou mekaar se harte toe in wysheid en liefde, want in hierdie grond, gaan daar die mooiste ma en dogter blomme groei wat vir generasies vir mekaar kan seën uitdeel.