Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Mariska Junius

Mariska Junius

Dorp: Kimberley

Antwoord 1: Halo, my naam is Mariska, en my wonderlike ma se naam is Christa. Wat ons verhouding spesiaal maak dink ek is dat ons 'n goeie balans tussen ma en dogter en ook "vriendinne" kan skep. My ma is soos my beste vriendin. Ons is al so baie deur saam dat ek glo nie enige iets of iemand in die wêreld ons sal kan uitmekaar dryf. Ons kan mekaar goed lees oor ons hegte verhouding. Kyk dis nie altyd maanskyn en rose, ons kan ook lekker stry maar ons vind altyd die vrede en kies dit bo alles. Ons is altwee familie mense en wil altyd almal bymekaar hou. Ons lag altwee kliphard en oopmond as ons bymekaar is en huil elke keer as ons moet groet. Ons spot altyd as ek vir my ma se dat ek nie sonder haar sal kan lewe want sy het my alles geleer behalwe om sonder haar te lewe dat sy eendag saam met my in die ouetehuis gaan bly en die ouetehuis op horings neem. Ons lyk ook so baie na mekaar dat ons al 'n paar keer gevra is of ons suster is. Aangesien ek die enigste dogter is het ek altyd met graagte gesê, JA! Ons verhouding is vir my uiters spesiaal en ek kan net bid dat dit dieselde sal wees tussen my en my dogter.

Antwoord 2: Deur my ma geskryf : Mense praat in huwelike van 7 sakke sout opeet. Ek en my meisiekind moes al 7 sakke sout saam opeet. Eers verloor ons, ons man en pa 17 jaar gelede aan 'n breinbesering in 'n motor ongeluk toe sy 13 was. Sy word molesteer deur 'n familie lid. Ons besigheid speel bankrot, verloor werk en word huisloos, gelukkig het ons familie wat vir ons heenkome bied. Sy gaan deur komplikasies met haar 3de swangerskap, prem baie siek baba en 'n lewende wonderwerk gebeur voor ons oë. Ek en haar pa skei. Ek ontmoet iemand anders en trou weer en steeds is sy langs my sy. As die oudste van my 3 kinders - enigste meisiekind - sal ek weer kans sien vir dit alles. Met haar sal ek oorlog toe gaan! Elke opdraand het ons net nader aan mekaar gebring en ons doel bly altyd dieselfde en dit is om vrede te vind en te behou.

Antwoord 3: Wees lief, al hou julle nie baie van mekar nie - altyd! Wees laf - lag is altyd 'n lekker klank. Wees sensetief - ons almal loop 'n eie ry spore. Gee - vanjouelf, jou tyd, jou bronne - sonder n "faktuur". "Enjoy the ride!" Albei is op 'n stadium hormonaal. :) Glo my, 'n ma se 6de sintuig is "real".