Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Mart-Marie Vermaak Marietjie Grobler

Mart-Marie Vermaak Marietjie Grobler

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: My ma se woorde: “Ons verhouding is kosbaar, spesiaal en besonders. Ek voel ek is nie net 'n ma vir jou nie, maar ook iemand na wie toe jy kan kom vir enige iets. Ek is nou nie jou kodac moment nie, maar ek is daar 100% vir jou wanneer jy my nodig het en so jy vir my. Liefde, eerlikheid, opregtheid, vreedsaamheid, geduld en ondersteuning is die fondamente van ons verhouding. Die fondasie wat ons gemaak het wat ons vandag is. Ons is deur baie moeilike tye wat ons gevorm het wie ons is vandag. Ons meer trots op jou kan ek nie wees nie. Meer geliefd sal jy nooit wees nie. Jy is my Yster“ My woorde: “Hoe top mens nou daai? Ag julle wat is n dogter sonder n ma? Na wie toe anders gaan mens vir die beste raad en moed in praat? By wie kan ek op my slegste lyk en nie omgee wat sy dink? By wie kan ek ENIGE dag my kinders aflaai as ek ook nou moeg is en n skemerkelkie wil gaan drink? My ma is die antwoord op al die. Sy is my beste vriendin!”

Antwoord 2: Ons slegste tyd saam was die afsterwe van my ma se engel, haar lewe en haar rots. Toe sy op die aangesig afkom van haar geliefde man wat op die vloer in hulle huis lê, het haar wêreld byna in mekaar gestort. Ek het natuurlik daardie rol dadelik oorgevat en haar gedra. Sy is n vrou met min tot geen vriendinne en dis my plig om na haar om te sien. Haar waardevol te laat voel en te herinner hoe kosbaar en mooi sy is. Die bogenoemde was maar een van min slegte ervaringe in haar lewe. Sy was regtig al deur so so baie. Ons gunstelling tyd saam was die geboorte van my eerste seuntjie, haar eerste kleinkind. Dit het haar weer moed gegee en iets om voor te lewe. Sy is ons alles, en my 2 seuntjies se beste maatjie. Sy verdien om bietjie bederf te word na haar “raw deal” in die lewe. Ek kan baie stories vertel, ontmoet haar net en jy sal alles in haar oë en hart kan sien. Sy lewe vir Liewe Jesus. Sy kan die hele bederf vir haarself kry. Ek sal net kom ondersteun. Sy verdien dit deur en deur. Sy is die definisie van n goeie vrou, ma en ouma!

Antwoord 3: My woorde: “Wees dankbaar elke dag om jou ma te kan sien, bel of bederf. Hulle is net vir ons geleen. Nooi hulle na jou braai of kookkos-dag. Maak tyd vir mekaar, deel alles en wees net lief vir mekaar. “ My ma se woorde: “ Luister en hoor wat jou dogter vra. Verstaan haar omstandighede en moet nooit judge nie. Sy maak haar eie lewe, jy mag nie daar inmeng nie, jy mag net 100% daar wees vir haar wanneer sy jou ook al nodig mag he, al is dit vir die kleinste dingetjies”