Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Theane Willemse

Theane Willemse

Dorp: Kimberley

Antwoord 1: Ons het ’n verhouding wat vir my ongelooflik kosbaar is. Ons het van nature baie dieselfde belangstellings, en dit maak dat ons ure kan deurbring met gesels, droom, beplan, huil en lag. Ons deel alles met mekaar! My ma is altyd daar vir my, en ek vir haar. My ma is my rots, my held, die mens by wie ek veilig voel, en verstaan voel. Ek as dogter werk vir my ma, so ons is elke dag in mekaar se spasie, en waar dit ander mense dalk laat koppe stamp, werk ons ongelooflik lekker saam. Ons verstaan mekaar en ons dink dieselfde. Dit maak ons werkverhouding nie net maklik nie, maar ook ’n vreugde. Wat ons verhouding nog spesiaal maak, is dat ons albei mal is oor selfsorg en my ma het van kleins af vir my geleer om mooi na myself te kyk en ek is vir altyd dankbaar daarvoor. Ons band is eg, sterk en vol liefde, iets waarvoor ek elke dag dankbaar is.

Antwoord 2: Daar is baie goeie en slegte tye wat mens saam deur bring, maar ons is elke dag dankbaar vir hoe ons daar vir mekaar kon wees. Iets wat uit staan vir ons wat dalk n minder goeie tyd is, is toe my beste vriendin en haar ma oorlede is in n kar ongeluk en dit het ons laat besef hoe kort lewe is en hoe ons mekaar moet waardeer. Nou maak ons seker ons koester elke tydjie wat ons saam kan he. Ons het al so baie goeie tye deur gebring so dit is moeilik om net een te noem, maar toe ek (dogter) n groot model kompitisie gedoen het waar ek die geleentheid gehad het om SA te verteenwoordig internationaal, was my ma elke stap van my loopbaan daar vir my. Ons het al my uitrustings saam ontwerp, my hare en grimering saam gedoen en dit was net een van die lekkerste tye om dit te kan deel.

Antwoord 3: Ons beste raad vir ander ma’s en dogters is om na mekaar te luister, mekaar te respekteer en om eerlik te wees met mekaar. Maak tyd vir die dinge wat julle albei geniet. Deel julle gedagtes, vreugdes en onsekerhede (n ma het ALTYD die beste raad). Maak tyd vir mekaar, al is dit net om n vinnige koffie te gaan drink. ‘n Goeie verhouding beteken nie dat julle met alles gaan saam stem nie, maar dit gaan oor hoe julle na mekaar se kante luister en deur verkille werk. ’n Bietjie geduld, ’n bietjie humor en ’n bietjie self-sorg saam kan ’n wonderlike band skep.