
Dorp: Johannesburg
Antwoord 1: My ma sê, ek mag dit nie sê nie, maar sy is nie net my ma nie maar my beste vriendin. Haar raad stel ek hoog op prys, ons respekteer mekaar en verstaan mekaar. Ons is ma & dogter, ons werk saam en natuurlik gym saam. Dis vir ons albei 'n plesier om oomblikke saam mekaar te deel en herhinneringe saam te maak. Wat vir my uitstaan is dat my ma ALTYD daar is, of dit is om gou na my dogtertjie moet kom kyk as ek dringend moet ry en of ek haar in die middel van die nag moet bel om my hospitaal toe te vat agv 'n maag virus, sy is daar. Oegh, en hoe ons mekaar aansteek om te lag, is vir my kosbaar. Ons liefde vir mekaar is onmeetbaar en haar betrokkenheid in my lewe is kosbaar.
Antwoord 2: Sy was vandat ek 5 jaar oud was 'n ekel oder. Hoe sy my en my boetie deur die skool en al ons buitemuurse aktiwiete finansieel gekry het, is net genade van bo. Sonder enige hulp, het sy vir ons die beste lewe gegee. Haar passie vir Jesus is aansteeklik, omdat sy my groot gemaak as 'n Jesus kind, het ek Sondag skool gegee en later saam haar op die kerk raad verskyn. Haar toewyding tot God het my die mens gemaak wie ek vandag is en sal haar ewig dankbaar wees vir dit. Ons leef saam vir Jesus en dit maak ons verhouding ekstra spesiaal.
Antwoord 3: Short & sweet... Lewe volgens Sy woord en die res sal in plek val.