Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Antoinette Bonthuys

Antoinette Bonthuys

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Moeder 95 jaar : Ek wou so graag n dogter gehad het, ek was toe ook nie meer so jonk nie, maar wat maak dit saak. Wat dit toe ook besonders maak is dat Chris Barnard die eerste hart oorgeplan het en begin klop het minute na my dogtertjie se geboorte. Elke dag was n fees, saam het ons huiswerk gedoen, saam winkels toe, miskien gou n stuk lap gaan koop vir n nuwe rok wat sy nog die volgende dag wou dra. Dis so belangrik om te gesels oor tye van lank gelede, vakansies met die karavaan wat n sterk wind die tentsyl geskeer het en ek en sy dit met n naald en gare vas gewerk het. Ek onthou eksamen einde van die jaar, was meer beplan aan vakansieklere wat gemaak moet word as leer. Ons lag vandag nog oor haar matriekafskeidrok wat in n Franse tydskrif was, ek moes n laken stukkend sny om eers op te oefen omdat die ontwerp nie maklik was nie. Vandag het ek nie meer nodig om haar te leer om iets te maak nie, maar as tyd min is en ek kuier by haar help ek graag met n nuwe uitrusting en so gesels ons vandag nog terwyl ons werk oor alles wat belangrik of nie belangrik is nie. Dogter 58 jaar: Ek dink ons lekker gesels en om sommer te lag oor twak maak ons verhouding spesiaal. Ek wil vir my moeder gaan kuier, ek wil haar gaan haal om by ons te kuier, dan is my dogter natuurlik ook altyd saam. Ons sien mekaar gereeld, ek bel haar soms 12 uur in die nag as ek skielik net wil seker maak sy is “Okay”. Ek hou van tuinwerk en reel altyd daardie dag dat my moeder saam met my rond krap in die grond, met haar breërand hoed, kierie en stoel wat vir haar rond geskuif word, waar sy die tuinier sê wat om te doen. (En dit is baie komies as sy dit met haar kierie verduidelik) Vandag sien ons mekaar so veel as moontlik. Waar sy elke vrydag met haar rooi “farari” ry na ons besigheid toe met haar famous chocolade koek. So deur my werk doen ek my moeder se hare en geselsies al vir 18 jaar ons spot en sê sy kom na “Auto EZI beauty parlour”. n Goeie verhouding tussen ma en dogter verseker ook n goeie verhouding tot waar ons vandag is. Vandag is ek getroud met n tweeling van 25, met wie ek dieselfde verhouding het en hulle met my moeder. Ek sê dankie vir my moeder se liefde, tyd en sagte glimlag. Sy het my geleer hoe n vrou se huis moet lyk en om gasvry te wees. Daar is dae met die besigheid wat ek nie by haar kan uitkom nie, dan kom maak sy n draai en kom kuier met haar bol wol en breipenne by my in die kantoor in haar eie stoel. Sy sê altyd jy moet besig bly en belangstel in mense om jou, dit hou jou kop reg. En jy mors nie geld nie, jy weet nooit wat more kan gebeur nie. Alles omtrent ons verhouding en wie my moeder is, is spesiaal.

Antwoord 2: Moeder: Toe my dogter klein was het ek haar gekeer om nie te val nie, later het ek haar gewaarsku om versigtig te wees om nie te val nie, anders gaan sy seer kry. Mamma’s kan leer maar kan nie altyd keer nie. Mamma’s kan raad gee maar as daar nie ‘n goeie verhouding is nie, gaan jou dogter nie na jou luister nie. Dogter: Soms het my moeder net geluister en my gehelp om weer moed te skep, ek is so dankbaar sy het my geleer om nie haastige besluite te neem nie. As daar meer sulke mamma’s daar buite is, sal daar minder egskeidings wees. My ma was op 55 n weduwee, my lewe op 17 het ek gevoel kom tot n einde, dit was begin matriek. n Week na my pa se dood toe stuur my ma my skool toe, ek het nog gedink ek gaan nog by die huis bly. Dit is my moeder, sy het geweet wat is goed vir my, om vinnig terug te keer na normaal en besig te wees. Moeder: Ek was 56 toe ek met borskanker gediagnoseer is, na my man se dood, dit was n laagtepunt in my lewe maar met my dogter wat nog in die huis was en my baie moed ingepraat het, het ek geweet ek is nie alleen nie. Sy het my baie besoek in die hospitaal en my baie ondersteun. Toe ek daar uit is, het ek net vir myself gese , “Ek is gesond” en nooit weer teruggekyk nie. Ek is n baie besige en positiewe persoon en se elke dag dankie dat ons liewe Vader my die sienning gegee het, dit het my gehelp om deur dit te kom, geloof en deursettingsvermoë. Dogter: Die borskanker van my ma was op n slegte tyd vir my, n jaar na my pa se dood. Op 19 moes ek my moeder ondersteun wat my nodig gehad het. So het ek weer geleer om alles met durf aan te pak en dat daar altyd lig in die tonnel is.

Antwoord 3: n Goeie verhouding tussen ma en dogter, begin by die ma. Met n goeie verhouding moet daar respek wees en soos my moeder altyd nog se is : “As jy wil hê jou kind moet respek vir jou hê, moet jy ook respek hê vir jou kind.” Dogter: My moeder is 95 en n absolute fantastiese voorbeeld vir my, haar dogter, van 58. Ek was nog altyd met respek behandel, nooit pak gekry nie, nooit op my geskreeu nie. Die toonbeeld van n vrou wat tot vandag op amper 96 grimeer voor sy winkels toe ry, deftig aantrek met haartjies gedoen vir Sondag se kerk. Wat self nog bestuur om vir vriendinne in ouetehuise te gaan kuier met n konfytbotteltjie wat sy self gekook het, sy het ‘n pragtige tuin wat sy saam met haar tuinier nog self instand hou. Ek het my nog nooit vir my moeder geskaam nie, sy het nooit gerook, gedrink of gevloek nie, sy is waarlik my rolmodel. Sy het 4 kinders, 10 kleinkinders en 7 agterkleinkinders wie sy almal onthou om iets spesiaal voor te gee. Dit is die vrou wat my gevorm het in wie ek is vandag. Moeder: Mamma’s gebruik maklik die verskooning “tiener stadium” as n kind verkeerd optree teenoor haar, dit word so maklik aanvaar, hulle het eintlik net nie respek vir haar nie. Die tyd wat ek en my dogter saam spandeer het, met klere maak, huiswerk doen, lag en gesels, het n goeie verhouding gekweek. As modemaakster het ek vanaf die huis gewerk, dit was trourokke en matriekafskeidrokke wat ek natuurlik vreeslik geniet het. My loopbaan het my die geleentheid gegee om altyd daar te kon wees vir die kinders, en het dan gewerk as hulle slaap. So het my dogter vakansies by my gesit en kon ek aan haar die liefde vir naaldwerk oordra. Om ‘n dogter te he is ‘n voorreg wat jy altyd moet koester. Iemand om mee te gesels, haar te vertel van jou kinderjare en wat jy by jou moeder geleer het sodat sy dit weer aan haar dogter kan vertel. Nou is sy getroud met haar eie kinders en ons gesels en lag nog net so lekker. En so het sy en haar dogter weer dieselfde verhouding. My raad om n goeie verhouding te hê moet jy tyd maak om te luister, geduld hê om te leer en maar net altyd daar wees.