
Dorp: Kaapstad
Antwoord 1: Wat my en my ma se verhouding spesiaal maak is nie net die feit dat ons ma en dogter is nie en haar bloed deur my are vloei nie, ons is vriendinne. Ons lag saam ons huil saam en ons deel alles met mekaar sonder oordeel seker twyfel. My ma is 'n sterk vrou en ek hoop om eendag net so sterk vrou te kan wees. Ons kan lekker saam lag en laf wees en is albei mal oor cocktails dia gewoonlik ons vrydag middag uitstappie om paar cocktails saam te drink en lekker laf te wees.
Antwoord 2: Ek dink elke ma en dogter verhouding is uniek op sy eie manier en is spesiaal op sy eie manier. Ons nog nooit baklei nie woorde gehad ja maar nie baklei nie. Menings verskil soms in die lewe dan gesels mens daaroor en gaan aan en so verstaan mens mekaar net beter. My ma was deur elke moeilike omstandighede in my lewe daar. My skei saak het sy van Pretoria af gekom Kaap toe om my by te staan. Mamma het weer onlangs knie vervanging gehad en ek by haar gebly om na haar om te sien. Dis waarvoor ma en dogters daar is en eendag my grootste gebed om self 'n dogtertjie van my eie te he.
Antwoord 3: My raad aan enige ma en dogter is wees lief vir jou ma Jesus het haar gekies om jou groot te maak en op te voed. Die lewe is kort moenie eendag spyt wees jy uitgemis op daai stuk koek en tee saam mamma nie. Koester mekaar gesels met mekaar daar is niemand wat geheime beter bewaar as 'n mamma nie.