
Dorp: Carletonville
Antwoord 1: Sjoe dis moeilik om te sê, ons band word net sterker hoe ouer ons word. Sy is n vreeslike goeie ouma, die kleinkinders is soos haar eie. Ek weet ek was n moeilike kind in Laerskool ek het my ma hoeveel male huilende werk toe laat gaan, maar syt nooit opgegee op my nie. Ek weet as bab het ek struipe gekryn ek was ook n koliek baba en ek het eendag met n huilbui ophou asem haal en my ouers het gesê dis nou verby..... my pa het gesê NEE en omgedraai en my weer by gekry. Daar gaan nie n dag verby wat my ma nie vir my sê hoe lief sy vir my is nie. My ma dink sys nie goed genoeg nie, dink altyd die minste van haarself, maar is dit nie vir haar liefde en voorbeeld was nie, was ek nie vandag wie ek is nie.
Antwoord 2: My ma het toe ek in Graad 10 was haar nek gebreuk in n kop aan kop bossing so sy was lank in die hospitaal en daarna het sy seker vir n jaar met n Staal nekstuk geloop en het toe aan depressie gely. Die antidepresante het haar laat halusineer snags, so dit was gille en nagmerries. Dit het baie druk op ons gesin geplaas maar dit het ons band net sterker gemaak. Dy het al so baie deurgemaak.
Antwoord 3: Kommunikasie net soos in n huwelik. As jy eers n ma is weet jy watter tyd jy in jou kinders sit so ek weet nie hoe kan enige vrou nie haar ma dan meer waardeer nie. Jou hele lewe gaan vir jou kinders. Laat mekaar elke dag verstaan hoe geliefd hulle is.