Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Jean-Marie Barnard

Jean-Marie Barnard

Dorp: Kirkwood

Antwoord 1: Vir my is n ma en dogter verhouding een van die sagste maar sterkste bande wat daar is. Die verhouding begin as n moeder wat versorg- ‘n ma wat haar dogter beskerm teen die lelik van die wereld en haar wys hoe die lewe werk. Met tyd word hierdie verhouding meer gelyk - ‘n band van baie liefde, vertroue en begrip. Ons verhouding het liefde met geen grense – soos hulle sal se - (al stem ons nie oor alles saam nie.) Vir my, is sy my veilige plek. Maak nie saak of ek vandag 35 is nie, wanneer ek kwaad, hartseer of moeg is verstaan sy my en weet presies hoe om my op te tel. Ons kan ure le en gesels oor werk, kinders en sommer net alles.(Ek dink ek bel my ma meer as wat ek my man bel) 😊 En wat ons net nog meer geheg maak is die feit dat sy so lief is vir my kinders, dit is altyd vir my so kosbaar my heel kleintjie noem haar OU-MAMMA 😊 Ek het 4 kinders van my eie, en kyk daar was nie n ding wat my gemis het nie. Met enige operasie wat ek moes ondergaan of dit nou n keiser of iets anders was- het sy letterlik by ons kom intrek vir n rukkie net om te help met kos en kinders. Vandag is ek diep dankbaar om so spesiale band met my ma te he. Ek dink wanneer mens jou eie dogtertjie het dan besef mens eintlik eers die liefde wat ‘n ma vir haar dogter het. Op die einde van die dag is sy nie net ‘n ouer vir my nie, maar ‘n voorbeeld, my anker en my beste vriendin.

Antwoord 2: Op die ouderdrom van 21, het ek n groot anirisme in my pons (middle van die brein) gehad. Ek was toe op Universiteit in Potchefstoom en my ouers het gebly in George. My kanse het nie goed gelyk nie, dokter het laat weet my ouers moet kom. Van die dag kan ek self niks onthou nie - maar daardie aand toe ek wakker raak sit my ma langs my bed. ‘n Wonderwerk, ek LEEF!! Maar ‘n langpad wat voorle - Ek moes alles van voor af leer doen, loop, praat, (ek kon nie eers my eie tande borsel nie). Wat doen ‘n ma?? Op 21 weer versorg sy, langs my bed gebly. My tande geborsel, my hare gekam.. die beelde sit nog vars in my gedagtes. Na my 6 maande opvolg, na maande se terapie kon ek weer loop, duidelik praat, skryf…. Die Dokter reken ek is ‘n walking miracle end at die Here ‘n plan het met my. Wat vat ek uit hierdie storie- wat is n Ma? ‘n Versorger, dat sy kon so kalm bly, weereens my veilige plek was en op n manier nogsteeds aangaan met die ander goed in haar lewe (werk, haar ander kinders en algemene take - dankbaar vir n pa wat n spanmaat vir my ma kon wees- sodat sy daar vi my kon wees.

Antwoord 3: TYD- en nogmaals tyd! Wanneer mens eenkeer in jou lewe n near deaf experience het dan besef mens net hoe jy elke dag voluit moet leef en tyd gee vir die mense vir jy die liefste is. Jy weet nooit wanneer dit jou laaste is nie. Jou ma het altyd jou back - steun op haar, goeie tye of slegte tye – speel altyd oopkaarte en wees eerlik maak nie saak hoe moeilik dit is om iets vir haar te vertel nie , sys al altyf trots op jou wees. Luister gerus na jou ma se raad – 99% van die tyd is sy reg (Dit kom maar met ervaring) 😊