Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Hermi Grobler Hermi

Hermi Grobler Hermi

Dorp: Komatipoort

Antwoord 1: Ons is nog al die jare baie geheg aan mekaar. My ma is my beste vriendin, mentor en die een mens saam met wie ek uit my maag uit kan lag dat die trane loop. Ek streef om die ma te wees wat sy is. Sy lewe absoluut onbaatsugtig en sal haar laaste stukkie lekkerny vir haar kinders gee, en net altyd sê "sy is nie meer honger nie", net om ons gelukkig te sien.

Antwoord 2: Ek het hierdie jaar getrou op 36 en vroeg swanger geraak. Ons was só opgewonde. My ma wag al baie, baie lank om ouma te word. Op 20 weke het die dokters opgetel dat Hanna (my ma se eerste kleindogter en genant) nie 'n brein het nie. Maar net 'n swart watermassa. Die uitslag was verdoemend en hulle het aanbeveel dat ons termineer. Dit was nie vir ons 'n opsie nie. Ons het besluit om haar te hou. En ons het gebid. Soos nog nooit tevore nie. Ek en my ma bly ver van mekaar, maar wanneer ons oor die foon gepraat, kon ek met haar eerlik my hart en wat ek regtig voel uitstort. Ons het dan saam gehuil en saam-saam genees van die droom eat moontlik nie gaan wees nie. Hanna het gekom en bo verwagting - na 'n shunt vir haar ingesit is - het haar brein oppervlakte verdubbel en sy is die grootste wonderwerk wat ons as familie nog ooit persoonlik beleef het. 'n Week terug het ons ons engelkind gedoop en my ma kon haar naamgenoot by die kerk inbring. Dit was 'n ongelooflike spesiaal-emosionele oomblik.

Antwoord 3: Wees altyd eerlik en wees 'n veilige plek vir mekaar. Sodat julle kan weet dat die ander een die een mens is na wie toe jy altyd kan gaan, wat jou hart ken, wat weet wat jy dink en hoe jy voel. Lag baie saam. Doen lekker goed saam. Gaan saam met vakansie, net julle twee.