Dorp: Nylstroom
Antwoord 1: My en Melandri se verhouding lê ons na aan die hart. Dit is 'n verhouding gewortel in liefde en genade. Ons verhouding is ook gebou op geloof. Ons dra mekaar op in ons gebed en moedig mekaar aan deur inspireurende boodskappe. Ons gesels met mekaar oor absuluut alles, daar is nie geheime nie. Ons glo dat ons verhouding vir mekaar 'n veilige hawe is, 'n plek waar ons onself kan wees. Ons hoef nie in ons verhouding maskers op te sit of voor te gee dat alles altyd reg is nie. Ons mag ons bekommernisse, vrese en onsekerhede deel, Want so groei ons saam en word ons gevorm. Kommunikasie is belangrik vir ons. Ons het geleer dat tyd iets is wat ons nie verewig het nie en dat ons elke dag volheid moet leef en aangryp. Ons waardeer elke tydjie saam. Ons lag en te huil saam. Ons streef daarna in ons verhouding om eerder te bou as te breek.
Antwoord 2: Ons verhouding is ver van perfek. Soos enige moeder en dogter verhouding is daar die mooi en slegte tye. Melandri en ek is al in haar baba jare deur 'n paar beproewings. Sy was maar 'n paar dae oud toe ons die eerste maal vir 'n tydperk weg van mekaar moes wees. Ek het mastietes gekry en kon haar glad nie meer borsvoed nie. Dit het die band tussen mamma en baba skade gedoen. Op twee en half jarige ouderdom het ons amper Melandri verloor. Sy was in 'n fratsongeluk waar haar milt en lewer geskeer is. Ons was vir twee weke in die hospitaal. Dit was die plek waar ons weer 'n baie sterk band gevorm het. Ek het haar vir geen omblik alleen gelaat. Elke dag het ons gebid dat die Here haar sal spaar en ons deur dit sal dra. Dit was 'n mallemeule rit, van ops en af. Na hierdie traumatiese gebeurtenis in ons lewe, het ons tot die besef gekom dat God nog nie klaar was om haar storie te skryf nie. Soos ons deur die lewensfases beweeg het, het die uitdagings, kop stamp en verskille gekom. Sy is aan die einde van haar laerskool loopbaan geboelie. En ons kon saam deur dit werk en 'n sterk band vorm. As gevolg van die moeilike laerskool dae het ons besluit dat sy in die hoërskool nuut begin. Sy is toe koshuis toe en ver van die huis. In hierdie tyd het ons verhouding verdiep. Ons kon elke aand oor die telefoon gesels en diep dinge deel. Daar was moeilike dae. Ten spyte hiervan het ons geleer dat die lewe vol gebrokenheid is en dat 'n mens jou eie verhoudings en omstandighede moet omhels en waardeer. Ons albei het in hierdie tyd gegroei. Dit het ons meer van onsself geleer en hoe om situasie anders te hanteer. Sy kon haar omgee hart uitleef en 'n verkil maak daar waar sy was. Vandag is sy 'n tweede jaarsonderwysstudent, Ons twee gesels vandag nog oor alles. Ons moedig mekaar aan en ondersteun mekaar daar waar dit nodig is.
Antwoord 3: Ons raad aan ander ma's en dogters sal wees gesels oor alles - hoe klein of groot. Dit bou vertroue. Dit vorm 'n verhouding van geen veroordeling nie. Dit maak dat julle kan eerlik wees oor alles. "n Mens kan dan maklik dinge uit praat en sodoende verskille uit die weg ruim. Maak tyd vir mekaar. Moenie geheime hê nie. Lag en huil saam. Deur dit alles groei en versterk 'n mens se band. Want wanner daar 'n hegte band is, is daar nie altyd woorde nodig nie. Ken mekaar se liefdestaal.