Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Cezanne Wessels

Cezanne Wessels

Dorp: Stellenbosch

Antwoord 1: Sjoe, ek weet nie eers waar om te begin nie. My ma is my absolute beste vriendin. Sy was vir die grootste deel van my grootwordjare 'n enkelmamma, maar ten spyte van al die tekortkome wat ons moontlik kon gehad het, was my kinderjare van my mees kosbaarste en spesiaalste jare. Ek is nou 26 jaar oud en daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie met my ma wil deel nie. Sy het soveel wysheid en kennis. Sy het my geleer wat 'n Godvresende vrou is, en haar hande het nog nooit vir enige iets verkeerd gestaan nie. Van my kosbaarste herinneringe in moeilike tye was toe sy vir ons lofprys musiek opgesit in ons sitkamer en saam het ons geloof en prys en die Here se naam groot gemaak, geen uitdaging was ooit te groot gewees om aan te pak nie. Ek en my ma het 'n liedjie wat sal opkom - hetsy in die komsbuis of oppad na 'n afspraak of balletklas toe na skool - "Slipping through my fingers" van Abba - en dan sal ons altwee in 'n nostalgie verval en verwee saamsing. Sy is die eerste persoon wat ek sal bel om goeie of slegte nuus te deel of om net ure om te gesels of raad te vra. Sy is 'n vriendin maar in elke sin van die woord ook die mooiste en wysste mentor wat ek ken. Haar kniee is al deur gebid, maar ek weet ook as ek vir haar vra om saam my te bid vir iets dan is dit asof sy 'n reguitlyn na Jesus toe het - soveel vrede kom lê in my hart as ek weet my ma bid en vertrou saam my daarvoor. Oef en sy is mooi, sy is een van die mooiste vrouens wat daar is - haar sagte gees en liefde vir mense en vir Jesus straal deur haar en sy weet dit nie eers nie. Die lewe het haar probeer hard maak in elke sin daarvan, maar sy is sag en liefde en elke definisie van wie 'n mamma moet wees. Sy was kwaai en streng, maar omdat sy soveel omgee en soveel liefde het om te gee weet jy waar dit vandaan kom. Ek kan amper nie in woorde omsit hoeveel respek ek vir haar het nie en hoe lief ek haar het nie. Sy is 'n "force of nature" en die mooiste voorbeeld van genade en geduld - om Vader vir iets te vertrou en aan te hou vertrou tot hy haar gebede verhoor. Ons verhouding is spesiaal, want alhoewel sy 'n mamma is, was sy ook 'n jong meisie gewees met 'n naaldwerkmasjien en 'n tas vol drome, sy is 'n dogter, 'n sussie, 'n vrou en 'n vriendin. Ek verruil ons verhouding vir niks nie en ek wens vir elke dogter so 'n mamma-dogter verhouding. Sy is Blommie en ek is Blomsie - of dis hoe ons familie ons uitken. Dis 'n voorreg om 'n blom saam haar te wees in enige tuin.

Antwoord 2: Ek dink daar is soveel verskeidenheid in die oomblikke wat ons al gedeel het, maar kenmerkende oomblikke waaraan ek kan dink was maar baie keer as ek van die skool af teruggekom het en my hart was seer oor 'n vriendin of 'n situasie waar ek ongelukkig of hartseer weggestap het. Sy sou altyd met soveel deernis en liefde vra wat gebeur het en dan soos ek vertel sal sy noukeurig luister en dan sonder om al die antwoorde te gee sou sy sê dat ek moet weet, Jesus het my so kosbaar en spesiaal gemaak dat ek nooit moet twyfel in Sy liefde vir my nie en dat ek moet stil word en vir Jesus moet vra hoe ek dit moet hanteer. Sy het my altyd gerig na Jesus toe, en partykeer wou ek nou 'n antwoord hê, maar nou besef ek die waarde van daardie gesprekke. Een van die dinge wat sy ook menigde kere vir my gesê het, veral in daardie vurige tienerfases, baie keer as ek bietjie omgekrap was en ek is kwaad oor iets of ek kon nie iemand anders se perspektief insien nie het sy altyd vir my gesê: " Blomsie, jy het 'n keuse oor hoe jy voel en hoe jy reageer in situasies en jy kan net voel soos wat jy doen wanneer jy dit toe laat" Natuurlik was die tiener in my baie wys en het gestry met haar en gesê hoe het ek 'n keuse as dit is hoe ek voel nou en hoe ek wil reageer. Partydae dink ek sy was dalk moedeloos, veral omdat sy baie van hierdie gesprekke alleen moes dra, maar tenspyte daarvan sou sy met liefde en geduld altyd die regte antwoord gee. En nou besef ek dit, mens het 'n keuse, in alles en dat mense die mag vat wat jy vir hulle gee. Ek dink as terugkyk sal ek net kan sê dat daar soveel goeie en slegte tye was wat ons gevorm het tot waar ons verhouding vandag is,mens skuur en skaaf aanmekaar en dan soos jy ouer word begin daar regtig soveel diep vertroue groei in hierdie verhouding dat jy net weet dat jy weet jou ma sal saam jou deur hierdie werk en dit sal okay wees maak nie saak wat nie.

Antwoord 3: Jou ma ken jou beter as wat jy dink. Sy is iemand wat letterlik al jou hele lewe lank op die "sidelines" baie noukeurig aanskou hoe jy jou lewe leef, vertrou haar. En ook, dis ook jou ma se eerste keer in die lewe - alles is vir haar is net so nuut soos wat dit vir jou is. Jy is haar kind, sy was nie voor jou 'n ma gewees wat al lewe "uitgefigure het nie". Wanneer jy iets doen vir die eerste keer is dit vir jou ma deur jou ook 'n eerste keer en hê "grace". Hê soveel "grace" met jou ma, sy weet ook nie noodwendig alles nie alhoewel sy paar jaar wyser is as jy, leer sy ook nog. Moenie dit oorkompliseer nie, daar is 'n nauurlike band tussen ma en dogter wat mens nie noodwendig kan definieer nie, maar sy verstaan jou ook beter as wat jy dink. Moenie ophou deel met haar nie, jy sal altyd haar kleindogtertjie bly, maak nie saak hoe oud jy is nie. Sê hoe lief jy haar het en hoe baie jy haar waardeer, 'n groot deel van haar lewe het sy baie goeie neergelê om jou te prioritiseer en laaste maar die belangrikste, bid vir haar - hardop en in jou stiltetyd. Seën haar, Jesus het spesiale plekkies vir mammas.