Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Sonia Eitz

Sonia Eitz

Dorp: Strand/Pretoria

Antwoord 1: My ma vlieg al as lugvaardin vir die Nationale lugdiens oorsee van voordat ek gebore is so daar was tye wat ons mekaar heelwat minder gesien het. Dit was soms moeilik maar dit het ook beteken dat ons die wêreld vol reis vandat ek kan onthou. Ons het veral kuns, mode en kos geniet. Na universiteit het ek ook gaan vlieg vir ons Nationale lugdiens en vir die laaste 6 jaar van my ma se loopbaan het ons saam gevlieg. Ons was “flying partners” en dit het beteken dat ons al ons vlugte saam gedoen het. Ons het elke maand ‘n paar lande saam verken en plekke saam besoek waar nie een van ons al was nie. Ons was ook albei unie verteenwoordigers en het met trots ons kollegas verteenwoordig. Nadat my ma afgetree het, en ek na 10 jaar ook die lugdiens verlaat het, het ons besluit om ons eie land te verken. Van Road trips Graaff-Reinet toe om die Valley of Desolation te sien, tot die Weskus blommetjies, die Oorlog Museum in Bloemfontein, Walvisse kyk in Hermanus en talle wynplase in die Kaap het ons nog altyd tyd gemaak om saam plekke te verken.

Antwoord 2: Toe ek op skool was, was my ma vir lang tye op ‘n slag weg en dit was soms baie moeilik al het ek ‘n wonderlike pa en groot familie gehad vir ondersteuning. Sy het altyd vir my geskenkies gebring en my gereeld op oorsee se vlugte saam gevat, maar ons moes vroeg in my lewe leer om die tyd wat ons saam het te waardeer. Ek dink ook ons het heelwat minder vas gesit omdat ons geweet het dat ons tyd saam beperk was. Dit het ons verhouding en waardering vir mekaar laat groei en my ook selfstandigheid geleer. Ek dink dit is ook een van die redes dat ons nogsteeds saam reis en nuwe plekke besoek wanneer ons kan.

Antwoord 3: Maak tyd om saam te reis en dinge alleen saam te doen. Om saam te reis versterk ‘n verhouding. As julle nie kan wegkom nie, reis iewers heen net vir die dag. Gaan probeer ‘n nuwe koffie winkel of restaurant uit in ‘n ander dorp. Begin saam stap of oefen. Neem saam ‘n stokperdjie soos kunsklasse of naaldwerk op. Gaan saam salon toe vir ‘n pedi. Die lewe raak so besig dat ons soms alles gelyk probeer doen en almal gelyk probeer sien maar dit water soms ervarings af. Om kwaliteit tyd alleen saam te spandeer en nuwe dinge saam te ervaar is baie balngrik, veral vir ‘n ma en dogter. Tyd saam is so kosbaar en moet nie afgeskeep word nie. Om vooruit te beplan en dit in die kalender te sit help ook om seker te maak dat dit plaas vind.