Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Christelle & Elmone Nortje

Christelle & Elmone Nortje

Dorp: Bloemfontein

Antwoord 1: Baie dankie dat ek ons verhaal as ma en dogter met julle mag deel. Ek en Elmone is n baie moeilike emosionele en fissiese verlede saam deur na haar voetjie se ongeluk waar sy al haar tone regs in 'n fratsongeluk verloor het, soos sy groter geword het, was sy gespot by die skool, kinders het agter haar aangeloop en gesing " jy het nie tone nie" sy het altyd hard begin sing en eendag haar skoolskoen uitgetrek en gesê kom julle almal en kom kyk hoe dit lyk dat julle my kan uitlos, party het gelag en ander het haar maaitjies geword, sy kon nie swem sonder dat almal vir haar staar nie, sy kon tot op die ouderdom van 14 geen plakkies of enige oop skoentjies dra nie, ek moes as enkel ma 2 pare skoene koop wat dieselfde lyk ,'n nr 3 en 'n nr 5 dan moet ek die ekstra een weg gooi, ure se gedulde loop van winkel tot winkel, soms het sy die mooiste blink plakkies gesien en gesê ek sal eendag dit dra ne mamma, wat my gebreek het, so ek het ook toe skoene gedra, om ook saam met haar warm te kry, ek kon dit nie oor my hart kry nie, en as ons by die huis stop ruk ons ons warm skoene uit en is ewe dankbaar, ek het haar geskuif van skole, skoolhoof gaan sien, haar so sterk as moontlik probeer hou en altyd gesê die maaitjies bedoel dit nie dis net vir hulle vreemd om te sien, jy sal eendag sien en verstaan hulle bedoel dit nie, ek het funksies gehou om geld bymekaar te maak want die fisio was duur, die dr's en hospitaal rekening van Natal het ingestroom wat ek moes afbetaal, ek het begin om te spaar vir 'n mould wat in die Kaap gemaak is toe sy 14 jaar oud word dit was een van die beste tye van my lewe toe sy daai vals voetjie aantrek, God het my geseen met 'n Engel wat 'n groot bydra gemaak het om dit moontlik te maak, Ek en Elmone het 'n baie na band, ons is soos twee susters, enige iets wat gebeur is sy my eerste oproep, ek voel aan as iets fout is, en bel altyd op daai oomblik, as sy ver pad ry bel ek die oomblik wat sy by haar bestemming veilig aankom presies op tyd, dan is haar woorde dadelik ja mamma dankie LOL...Elmone het op 15 begin Homeschool, op 16 haar eie nael salon oop gemaak, haar eie kursusse betaal, sy is nou 21 en was al 3 keer oorsee waar sy skape se wol wolklas saam met die liefde van haar lewe, sy is selfstandig en het nog nooit vir my eers gevra om te help met geld vir enige vlugte nie, koop haar eie skoene en klere alles self, baie selfstandige jong dame, die lewe het ons gedruk om volwasse te wees, verantwoordelik te wees, geduldig te wees, en saam te staan en te verstaan daar is altyd 'n keuse en 'n oplossing hou vas aan mekaar en geloof.

Antwoord 2: Ek het op 21 getrou, met my eerstre skool liefde vandat ek 15 jaar oud was, kort daarna het ons uitgevind ek is swanger, eerstens het hulle vir my gesê dis 'n seuntjie, sy naam sou Jeandre wees. Opgewonde met geboorte is ons verras met die mooiste groot blou oog dogtertjie, inderhaas moes ons dogtertjie klere gaan koop want alles was voorberei vir 'n seuntjie lyfie. Elmone het pas 2 jaar oud geword ( die 19de Nov het sy 2 geword) en ons gesin is vir Kersfees Natal toe by die skoon familie. TOE, gebeur een van 'n ma se grootste vreese, 'n fratsongeluk en dit op Kersdag, by 'n vreemde plek waar jy nie eers weet waar is die naaste hospitaal nie, nie weet waarheen om te ry nie. Elmone, slegs 2 jaar oud was die heeltyd naby die warm oond waar ek besig was om die Kers boud in die oond gaar te maak, sodoende vra ek vir haar pa om na haar te kyk omrede ek bang was sy brand, haar nefies wat almal ouer is as sy het vierwiel motorfiets gery, ek natuurlik wou niks weet nie, so haar pa het haar vir 'n draai gevat. want soos enige kind huil sy toe vir ook 'n beurt, enkele minute daarna staan ek nog voor die stoof en word skielik lam, voel of my hart uit my bors uit klop, my skoonma vra toe vir my hoekom is ek so bleek.... ek antwoord terug my kind! waar is my kind? ek voel iets is fout! ek het begin hardloop na buite maar met skok om die hoek kom haar pa het haar aangehard in sy arms en al wat ek sien is my kind het geen tone regs nie, als is weg, my kind se voetjie het in die ketting beland! Ek het my hemp uitgetrek en om haar voetjie gedraai dat sy nie bloed verloor nie, en vir my swaar geskreeu start die kar! Ons het gejaag op genade, en dit in 'Natal! die verkeer was erg, maar GOd het verseker vir ons pad gemaak, mense het net weg beweeg, en al wat Elmone heeltyd sê is " Aggi nee " en dan kyk sy na haar voetjie, nie eenkeer gehuil nie, haar handtjies op my wang gesit en gevra hoekom huil ek? Ek het vir 5 dae niks geeet nie, want my kind kon nie, sy was onder baie sterk sedasie geplaas na 'n veloorplanting om net toe te maak voor. Ons is daarna terug Bloemfontein toe waar die nagmerie erger geword het by skole soos sy ouer geraak het maar ons verhoudig het gegroe met elke gebeurtenis wat ons saam moes dink hoe gaan ons dit hanteer, ek was nie 'n sagte mamma wat haar op gepiep het nie, maar haar so sterk as moontlik grootgemaak dat sy more weer instap met 'n "smile" op haar gesig by die skool teenoor die maaitjies wat haar spot. Pakke tissues het ons saam vol gehuil in die kombuis vloer toe haar eerste liefde haar los omdat hy bang is sy kind sal eendag nie tone he nie. Sport kon sy nie doen nie, maar om saam roomys te eet langs die baan was netso lekker

Antwoord 3: Luister, en maak saam 'n plan, moet niks wegsteek nie, geen gehuime nie, sê eerder iets al is dit hoe moeilik. Lê in jou dogter se kamer saam met haar op die bed en kyk maar die planne wat sy alles het, doen daai online shopping saam, en kyk maar daai fliek al weet jy die skottelgoed en wasgoed wag vir jou. Leer jou kinders om alles self te doen, jy doen baie skade om alles vir hulle te doen, op 10 moes my seun en dogter hulle eie skoolklere skryk en begin kos maak. Nou is al my resepte al verander LO Wees 'n voorbeeld vir jou dogter, al is jy by die huis, sit make up aan, versorg jouself, pamper haar ook dat sy weet dis 'n instelling wat julle saam doen, doen jou naels want qtex is goedkoop, Kleur daai hare, al is daar nie geld nie, en boks kleur is jou enigste opsie, doen dit, wees jou dogter se trots, want sy sal jou voorbeeld volg. Baklei vir wat reg is in die lewe en beskerm jou kinders teen die wreede wereld deur saam met hulle te sit en dink hoe mens elke situasie moet hanteer, dink voor jy praat, loop weg van onmin as soveel as moontlik, en moenie toelaat dat mense jou toekoms belemmer nie, moenie dat mense se woorde jou hart binnegaan nie, bid en breek daai seer wat jou ore hoor. Die tyd vlieg so vinnig, en as jy nie daai band het terwyl hulle klein is nie, en jou kinders nie weet jy is hulle nr 1 oplossing nie, kan so kind vou en in depressie gaan, homself van die wereld skei omdat kinders wreed is, ek is nie die perfekte ma nie, maar kan vandag met trots sê ek het twee pragtige kinders wat op hulle ouderdom nog mamma sê en wat respek het vir grootmense en baie onafhanglik is. Saam is ons sterker