
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek en my dogter Carli (25 jaar oud) se verhouding is gebaseer op vertroue, respek en 'n anker in ons geloof. As my eerste en enigste kind het ek die geleentheid gekry om een keer ‘n ma te wees. Van haar geboorte af het ek geweet dit is my eerste en laaste in alles wat gaan gebeur. Elke gebeurtenis, verjaarsdag, hartseer, lag en huis is en word gekoester deur ons albei. Elke geleentheid word gevier, gelag en opgeteken as die beste oomblik. Ons harte klop as een, en ons besef dat elke dag ‘n geleende geleentheid is wat gekoester en voluit gelewe moet word. Saam koffie drink, WhatsApp geselsies en “binge” series kyk op Netflix is ‘n gunsteling. Ons is albei baie lief vir die natuur, Wildtuin en kan nie wag om elke jaar ons vakansies te beplan nie. Kwaliteit tyd saam is ons behoud, en om teenwoordig te wees in mekaar se geselskap sonder sosiale media.
Antwoord 2: Goeie tye saam is as ons tyd spandeer met die dinge waarvoor ons albei lief is. Dit wat nie altyd geld hoef te kos nie, maar verniet is in die lewe. Tyd maak vir luister, verstaan, begrip en nie te oordeel nie. Teenwoordig wees in mind, body en soul. Minder goeie tye is daar ook. Hartseer met ‘n eksamen wat nie goed gegaan het nie, vriende wat teleurstel, werk stres, en iemand aan die dood afstaan. Hier bemoedig ons mekaar en bly weer geanker in ons geloof.
Antwoord 3: Ons raad sal wees om elke dag as ‘n kosbare geskenk te vat en voluit te leef. Maak tyd vir mekaar, huil saam, maar lag ook weer saam. Wees ‘n ma en dogter vir mekaar. ‘n Ma is nie jou dogter se beste vriendin nie, wees ‘n ma en staan sterk in jou rol. Wees ‘n voorbeeld vir mekaar en vir ander, en koester mekaar elke dag.Br