Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Liezel Van den Berg

Liezel Van den Berg

Dorp: Thabazimbi

Antwoord 1: Ons kan mekaar se goed en sleg deel met geloof, hoop en liefde. Ons grootste seening en voorbeeld is ons ma/ouma wat altyd vir ons beskikbaar is. Sy weerspieel altyd haar beste binne en buite met n vaste geloof. Met matriek 2026 groeipyne en my daaglikse werk, kan ons wel soms lekker hare kloof! Maar aan die einde van n dag, maak ons altyd vrede en se net rustig nag.

Antwoord 2: Tiener stadiums en giere het ons byna grys hare gegee en brille en pille. Maar ons het oorleef! Ons woon in n klein plattelandse dorpie en is hier maar min dinge te doen vir jongmense. 2 Jaar gelede het Sonja en haar vriend sonder om iemand daarvan te se, doodeenvoudig besluit om n Uber te bestel en in die stad te gaan fliek. Toe ek daarvan uitvind was my bekommernis en angs oor hulle, nogal skrikwekkend, maar Sonja se jammerte en trane was meer as die water in die see. Daaruit het ons n groot betekenisvolle les geleer om altyd saam n oplossing te vind, negatief of posetief!

Antwoord 3: Ons lewe in n onveilige, onvoorspelbare en onderstebo wereld. Geen dag het ooit genoeg ure om alles te kan inpas nie. Tyd maak, al is dit 5minute is dus so belangrik! Vertrou mekaar, vra vrae, wees billik en aanvaar mekaar se antwoord. Maak vrede aan die einde van n dag en bid saam. Ons Vader se antwoord is dikwels nie ons keuse nie, maar verseker altyd die beste. Dan volg geloof,hoop en liefde sommer makliker!