Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Este' Fourie

Este' Fourie

Dorp: Johannesburg

Antwoord 1: Maak nie saak hoe besig die lewe raak nie, ons bly altyd op hoogte met wat in mekaar se lewens aangaan. Ons is vreeslik na aan mekaar en ons verhouding is baie belangrik. My ma het nog altyd in my geglo en eks baie dankbaar daarvoor, dit het my aangemoedig om deur al die moeilike tye steeds vas te hou aan geloof en sò het my verhouding met Die Here ook gegroei. Ek het nog altyd opgekyk na my ma se sagte hart, sy het my geleer wat omgee vir mense werklik beteken. Dus een kwaliteit wat ons deel, om ander met liefde te omvou en op te help as hul sou val.

Antwoord 2: In 2013 is my baba op 31 weke gebore en my gesondheid het 'n groot knak gevat. Met my baba in NICU en ek self in ICU het my ma haar hande vol gehad. Om te sien HOE sterk my ma is in haar geloof en hoe sy dag na dag deur druk met albei van ons wat by die dood om draai, is merkwaardig. Ek onthou hoe my ma op en af tussen ons twee in die hospitaal is, haar werk steeds behou, haar gesin versorg en tyd maak om almal op hoogte te hou. My ma het bly lewe spreek en deur geloof is ons altwee deur die ergste. Hierdie tyd het ons nog nader aan mekaar gebring. Ons albei het besef hoe min tyd ons eintlik geleen is en dat ons dit tot volle moet gebruik.

Antwoord 3: Maak tyd vir mekaar, die lewe is sò besig maar tog so kort. Mens het nie altyd 'n geleentheid nodig om tyd saam te spandeer nie. Daardie vinnige kyk hoe jou dag gaan is sò belangrik. Sê vir mekaar jy is lief vir jou ma/dogter maak nie saak wat nie! Moenie mekaar oordeel nie, jou ma het haar heel beste gedoen nes jy as haar dogter jou beste doen. Bid vir mekaar, opreg en eerlik want by God kan ons nie doekies omdraai nie. Vergewe en vergeet van enige pyn of seerkry wat jul aan mekaar al sou kon doen, ons almal maak foute en dit is deel van elke unieke storie.