Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Lize van der Heever

Lize van der Heever

Dorp: Kempton Park

Antwoord 1: Ons deel ‘n baie spesiale band wat gevorm is deur die jare se saam opgroei in ons verhouding, goeie tye, uitdagings en veral in ons geestelike groei en identiteit in Christus. Die verstaan dat my funksie as mamma in Anel se lewe so ‘n groot voorreg is en dat ek haar kon help opbou en vorm in die kosbare mensie wat sy. Ek het al so baie van myself geleer in Anel se reis na volwassenheid en in dit kon ek beide genesing kry vir my eie onsekerhede en ek kon haar bemagtig om die lewe met selfversekering vierkantig in die oe te kyk. Sonder om dit te besef daag sy my daagliks uit om beter te doen, nuwe manière te vind om meer effektief te wees in alle opsigte, maar om ook soms stil te raak en die mooi in alles om my te soek en te geniet. Ons deel ook ‘n omgee hart vir kwesbare mense en situasies en die behoefte om genesing te bring deur gebed en omgee vir ander.

Antwoord 2: Anel is op ‘n jong ouderdom gediagnoseer met disleksie, dit het geweldige baie druk en uitdagings op skool veroorsaak. Gedurende die tydperk het ek as enkel ouer, my kinders na Pretoria verhuis om sodoende nader aan my werksplek te wees. Anel se uitdagings in ‘n gewone hoofstroom skool het egter vererger en ek was raadop en het nie geweet hoe ek my kind te gemoed kon kom nie. Die Here ‘n engel op ‘n bonatuurlike wyse op my pad gestuur wat ‘n besondere moeilike pad met ons gestap het om Anel by uiteindelik by ‘n veilige hawe en wonderlike spesiale skool vir leerlinge met onderwysbehoeftes uit te kry wat haar met soveel liefde, barmhartigheid en omgee ontvang het. Die aantal toetse, onderhoude, vergaderings en evaluerings wat ons beide gedurende die tyd moes aandruf het sy tol geeis maar dit was absoluut die moeite werd. Sy het van dag een af begin blom en ontwikkel in ‘n sterk en selfversekerde leerder met ‘n empatieke omgee hart vir mense met uitdagings. Sy is die huidige jaar in matriek en kan met trots haar skoolloopbaan op ‘n suksesvolle noot afsluit met die beste skooldae herinneringe en haarself uitstrek na ‘n blink toekoms wat voorle. Alle eer aan die Here. \

Antwoord 3: Oop en eerlike wedersydse kommunikasie is baie belangrik in enige verhouding. Om die Here saam te dien as ons hemelse Vader en ons bron van krag, wysheid en liefde in kort trek alle aspekte van ons verhouding met mekaar in verhouding want ons verstaan mekaar se doel, verantwoordelikheid en funksie in Christus. Ons geniet mekaar se passie vir die lewe, ons dramatiese verduidelikings van ons daaglike ondervindings en die pogings wat ons aanwend om die beste uit elke dag te ontgun. Ons droom saam en kan lekker lag vir simpel grappies en hard saam huil vir die swaarkry in mense se lewens. Ons bid vir mekaar en ken die Here in al ons besluite en daaglikse wandel want Hy is die kern van ons bestaan. Dis is my hart vir haar om die Here te ken in al wee en Wil te volg vir die res van haar lewe.