
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: My ma en ek het ’n ongelooflik hegte band, want sy is nie net my ma nie, maar ook my grootste ondersteuner en my beste vriendin. Van kleins af het sy my drome saam met my gedroom van laatnag rokke "bedazzle" tot ure se ry om my by skoonheids kompetisies te kry. Sy het altyd trots aan my sy gestaan, selfs toe ek Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig het. In elke fase van my lewe, veral tydens universiteit en eksamens, was sy my veilige hawe met onvoorwaardelike liefde, aanmoediging en klein gebare wat groot verskil gemaak het. Ons verhouding is spesiaal omdat dit gebou is op vertroue, opoffering en ’n liefde wat altyd daar is, maak nie saak wat nie.
Antwoord 2: ’n Tyd wat ons verhouding ongelooflik laat groei het, was in Augustus 2023. Op 2 Augustus was ek in ’n ernstige ongeluk met ’n trok, en die volgende dag, 3 Augustus, was ek en my ma saam in ’n motorongeluk. Dit was ’n baie moeilike en emosionele tyd vir ons albei, maar deur God se genade sit ons vandag nog hier. Daardie oomblikke het ons herinner hoe kosbaar die lewe is en hoe belangrik dit is om mekaar styf vas te hou. Dit het ons band net sterker gemaak en ons liefde, dankbaarheid en vertroue in mekaar verdiep.
Antwoord 3: Ons raad vir ander ma’s en dogters is om altyd tyd vir mekaar te maak en mekaar regtig te hoor. Kommunikeer eerlik, wees geduldig, en onthou dat liefde ook soms beteken om net daar te wees sonder oordeel. ’N Goeie verhouding groei uit respek, vertroue en onvoorwaardelike liefde.