
Dorp: Coligny
Antwoord 1: Liefde en intensionele omgee /belangstelling in mekaar se lewens maak dat ons verhouding net groei - Om mekaar se harte te hoor en mekaar positief op te bou om die beste weergawe van jouself te kan wees. Ons moedig mekaar aan om elk sy Godgegewe doel en passie uit te leef, om altyd te bly droom, en om seker te wees van jou identiteit in Christus. Ons deel passies in koffie/huis/tuin/sport/kreatiwiteit en hou van nuwe avonture/om mooi plekke te sien…Ons is mekaar se grootste ‘cheerleaders’! Ons sien uitdagings as geleenthede en suksesse met dankbaarheid🩷
Antwoord 2: Amper 3 jaar gelede het ons ons beste vriendin/dogter/sussie Mikyla op 22jarige ouderdom in ‘n fratsongeluk tuis verloor… Ons wêreld het gaan stilstaan en elk het sy proses van genesing gestap met Jesus as fokus, en slegs by Hom, kon ons die leë gat vul. Die uitdaging was om ‘n nuwe gesins dinamika te vorm, omdat sy die middelkind was en die totale ekstrovert… Ons het geleer om nog meer lief te hê, mekaar te waardeer en ‘n ewigheids perspektief te hê. Empatie vir mense en om hul deur Jesus se oë te sien, is ons missie en om die léwe te kies en om dit te ‘celebrate’!
Antwoord 3: Hoor en luister na mekaar se harte (Deel geestelike kos) Bou mekaar op en moedig mekaar aan Bring die beste van mekaar na vore Hou aan droom! Droom saam! Maak tyd vir bederfies soos koffiedrink/saam ‘spa’/gunsteling plek/kos/klerebederf/verassings/altyd ‘n blommetjie as sy kom kuier Gee baie liefde, intentionele aandag en kwaliteit tyd…