Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Elzane Coetzee

Elzane Coetzee

Dorp: Johannesburg

Antwoord 1: Die verhouding tussen 'n ma en dogter is 'n besondere band wat met tyd verdiep tot op die punt waar die beide volwasse vroue is en hierdie band omsit in 'n lewenslange diepe hartsvriendin verhouding. Wat saam die lewe groei, deur fases van nabyheid, verskil en begrip. Dit is op hierdie fase van nabyheid waar ek en my ma Erika s'n vandag staan. Toe ek jonger was, was my ma my beskermengel, die plek waar ek veilig was waarheen ek kon gaan vir raad op wie se mening ek volkome vertrou het. Vandag is my ma my vertroueling en my beste vriendin. Ons deel lag, herinneringe en stil oomblikke waar ons presies weet hoe diep die emosies loop. My ma is 'n yster vrou 'n vrou wat haar lewelank aan kinders wei, sy het 'n kleuterskool vir 44 jaar, en tree op as mamma en nou ouma vir soveel kinders. Ek werk saam haar in die skooltjie en saam probeer ons daagliks 'n verskil maak in al ons kindertjies se lewens. Ons verhouding is gebou op vertroue, gedeelde herinneringe en 'n diep verstaan wat met die jare gegroei het. Wat ons verhouding spesiaal maak is die balans tussen saam lag en bou aan 'n pragtige toekoms en sterk staan.Net saam kan stil wees wanneer die lewe swaar raak en steeds positief bly en weet die Here dra ons en niks sal ons onder kry nie. My ma is die een persoon saam wie ek oorlog toe sal gaan sonder vrees.

Antwoord 2: Die lewe het in 2018 hartseer draai met ons geloop toe my ma haar enigste seun, en ek my enigste boetie aan die dood afgestaan het. Vir 'n ma soos myne wat kinders bo als plaas om haar eie te verloor was 'n groot slag, syt moedig bly baklei en staande gebly. Tydens hierdie tydperk het ons band net sterker geword. Ons kon weer saam lag en inkopies gaan doen en 'n lekker tee gaan drink soos elke Saterdag oggend by ons gunsteling teetuin. Maart 2022 tuimel my wêreld in met 'n oproep, my ma het fase 4 kanker. Ek kan nie, hoe gaan ek dit doen, dit kan nie wees nie. Natuurlik met alle selfvertrou en innerlike geloof antwoord sy my: Dit is okay ons gaan hier deur kom. Statige vrou met 'n kapsel van perfeksie tot waar ek al haar trots moet afsny met 'n knipper. Met 'n moedige hart dra sy haar pruik vol selfvertroue en baklei ons saam jaar in en jaar uit, met en sonder chemo, kankertelling vir kankertelling hierdie lewensreis wat God vir ons beplan het saam-saam met ons Skepper en is ek dankbaar dat die Here haar gekies het om saam my die pad te stap en lewenslesse te leer om die vrou te wees wat ek vandag is. Perfeksie is nie nodig nie maar egtheid, die band tussen ma en dogter. 'n Anker in 'n wêreld wat voordurend verander. 'n Verhouding waar ons rus vind

Antwoord 3: Raad aan ander ma's en dogters: n Goeie ma-en -dogterverhouding begin met 'n oor wat luister, luister met begrip. Respekteer mekaar se individualiteit onthou dat elkeen sy eie drome het. Wees mekaar se veilige hawe as 1 struikel of lewe moeilike raak. Waar daar foute gemaak word wees mekaar genadig, ons is net mense. Koester kwaliteittyd saam, skep geleenthede om tyd saam mekaar te spandeer. Mens weet nooit wanneer die tyd uitloop nie. Voorbeeld van selfrespek, sagtheid en grense leer meer as enige raad. 'n Sterk verhouding tussen ma en dogter word nie gebou op volmaaktheid nie, maar op liefde, begrip en die bereidwilligheid om mekaar telkens weer te kies.