Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Marike Madsen-Leibold

Marike Madsen-Leibold

Dorp: Somerset Wes (Kaapstad)

Antwoord 1: Marike kon nie wag vir die verhouding om te begin nie, Sy is gebore 10 weke te vroeg en het pens en pootjies met haar 1.2kg in Marietjie se hart gespring. Die verhouding het net van daaraf begin blom. Marietjie en Marike het ‘n baie egte verhouding, daar is geen pretensie of voorgee nie. Hulle verhouding is opreg en eerlik. Natuurlik, die lewe is nie maanskyn en (rooi)rose nie, soos enige goeie verhouding het hulle ook oppe en affe, maar hulle weet dat hulle hanteer mekaar met liefde en vertroue. Die verhouding tussen Marietjie en Marike is spesiaal, want dit is uniek. Hulle vul mekaar aan, bv. Marike hou van kosmaak, en Marietjie meer hou van skottelgoed was. Die kombinasie werk. Marike hou van geleenthede reël en Marietjie hou van kuier en klets, dus wanneer daar geleenthede gereël word kan albei dames die funksie geniet op hulle eie manier. Ruil die rolle om en daar mag dalk net ‘n petalje ontwaak. Die kombinasie van Marietjie en Marike werk goed, want albei vrouens is natuurlike dienaars is en dus is hulle daar vir mekaar, maar nie op ‘n selfsugtige manier nie. Indien daar enige konflik is, het hulle albei die insig om op die probleem te fokus en nie emosioneel te raak oor ‘n saak nie, dus is daar ook minder probleme in hulle verhouding, want hulle praat dit deur en luister na mekaar. Hulle waardeer mekaar se geselskap en kan ure lank net mekaar se stories luister. Alhoewel die tweetjies nie die fiksste twee onder die son is nie, hou hulle van saam stap so nou en dan. Marike is gaande oor die Kaap en sal kort-kort haar moeder neem vir ‘n uitstappie Kaap toe. Hardy (Marietjie se man en Marike se Pa) hou van die rustigheid van die huis, dus is dit nie ongewoon dat die twee dames spontane uitstappies neem en nuwe mense ontmoet nie. Altwee vrouens hou van koffie, en is gaande oor mense. Met die kombinasie het hulle al die interessante mense ontmoet in koffiewinkels. Party het vriende geword en ander het net interessante stories gebly. Die verhouding is spesiaal, want albei vrouens het al die nodige introspeksie gedoen om te weet wie hulle is, en dus gee hulle mekaar die vryheid om mekaar te aanvaar vir wie hulle is. Die een probeer nie die ander een beheer nie en dus kan hulle mekaar se geselskap te volle geniet.

Antwoord 2: Marietjie het ‘n baie optimistiese uitkyk op die lewe. Sy het ‘n sprankelende persoonlikheid, terwyl haar dogter daarvan hou om oor die lewe te dink. Daar was ‘n tyd wat Marike haarself in ‘n gat ingedink het, maar Marietjie het haar die nodige spasie gegee om daardeur te werk en nie die positiewe in die lewe op haar af te dwing nie. Deur die jare het hulle geleer om mekaar spasie te gun, om te wees wie hulle is sonder om die andereen te probeer verander. Marietjie het ADD en Marike is van ‘n georganiseerde perfeksionis, dus alhoewel die twee persoonlikhede gewoonlik nie maklik oor die weg kom nie, het albei al aangepas en waardeer nou mekaar se sterkpunte in die lewe. Op een van hulle uitstappies Kaap toe het Marietjie ‘n hartaanval gekry in ‘n restaurant. Alhoewel die situasie nie ideaal was nie het albei dames kalm gebly en die nodige gedoen om Marietjie by die hospitaal te kry. In dié week wat Marietjie in die hospitaal gelê het, is daar reëlings getref dat Ansophí (die 2de dogter) uit Nederland uit kom vir ‘n besoek en dat Gerard (die seun) sy oorsee vlug uitskuif tot later. Tydens dié episode het die waarde van familie duidelik geword. Alhoewel die Madsen-Leibold gesin nog altyd sterk familie waardes gehad het, het die krag daarvan duidelik geword tydens die week. Om te vier dat Marietjie die hartaanval oorleef het en om bietjie te rus, het Marike en Marietjie saam weggegaan met vakansie vir ‘n week. Die ander drie familielede was daardie tyd uitstedig. Die tweetjies het ‘n week gehad wat hulle nie sommer gou sal vergeet nie. Met die kombinasie dat daar goeie kommunikasie is, ‘n sterk fondasie van vertroue en ‘n algehele positiewe uitkyk op die lewe, het die tweetjies die week baie geniet en net mekaar se teewordigheid waardeer.

Antwoord 3: • Gun mekaar die spasie om te wees wie hulle is. • Laat mekaar toe om hul sterkpunte uit te leef. • Moenie mekaar probeer beheer nie. • Indien daar verskille opduik, gun mekaar die geleentheid om te luister tot die persoon klaar gepraat het, en moenie ‘n veroordeel nie. Wees liewers nuuskierig oor die probleem i.p.v. aanvallend. • Daar is ‘n groot deel van vergifnis betrokke, want mens hoor baie keer wat mens wil hoor en nie wat gesê is nie. • Niemand is perfek nie, almal maak foute. Moenie iemand op ‘n troon plaas nie. Wees opreg en eerlik en nie krities nie. Almal doen die beste wat hulle dink hulle kan met die inligting en hulpbronne wat hulle het. • Geloof vorm die fondasie van die verhouding, want as die kern gesond is, maak dit ook die verhouding makliker. • Daar is ook ‘n kwessie van albei wil die verhouding maak werk, dus tree mens op op ‘n manier nie om seer te maak nie, maar om mekaar te sien groei en floreer. • Ondersteun mekaar. Die lewe is moeilik genoeg, mens wil nie nog in ‘n familie onveilig voel nie. • Sit die eie-ek eenkant en daag op vir ander. • Onthou die blomme nou-en-dan en laat mekaar spesiaal voel. • Wees daar vir mekaar en daag op wanneer dit saakmaak. • Sit die foon so nou en dan weg en luister met jou volle aandag na mekaar. • Wees eg, wees eerlik en wees jouself wanneer julle in mekaar se teenwoordigheid is, moenie doekies omdraai nie en geniet mekaar se geselskap. • Daar is soveel om voor dankbaar te wees wanneer ‘n moeder en ‘n dogter ‘n goeie band het en ‘n goeie span is, want daar is mense wat nie meer die geleentheid het om hulle ma of dogter te druk nie.