
Dorp: Vereeniging
Antwoord 1: Ek en my mamma is soos beste vriendinne, ons deel alles met mekaar, letterlik alles. Ek kan haar enige iets vertel of raad vra en sy sal altyd luister en raad gee. Ek dink ek het haar soms al teen die mure uitgedryf met my probleme maar nooit het sy geskroom om daar te wees vir my nie. My mamma is n ma duisend en n mens kry nie n beter mamma as my mamma nie. My mamma se liefde ken geen perke nie en sy sal haarself te na kom solank haar dogters en kleindogter versorgd en reg is en gelukkig is dan is sy gelukkig. My mamma het al soveel opofferings vir my gemaak in haar lewe en ek is haar ewig dankbaar daarvoor. Sy is waarlik n vrou van formaat. Ek en my mamma kan net so lekker saam lag en as ons eers begin dan kan ons nie ophou nie. My mamma het n baie skerp droë sin vir humor en ek kan net lag en my kop skud vir die sê goed waarmee sy voor en dag kom. Ons het n baie baie hegte band wat niemand en niks ooit sal kan breek nie. Ek is ongelooflik baie lief vir my mamma.
Antwoord 2: Ek en my mamma het baie goeie tye al gehad maar net so baie minder goeie tye. Daar is so paar wat natuurlik uitstaan wat ek vlugtig sal deel. Die minder goeie of laat ek net sê slegte tye was my egskeiding waardeur sy my gehelp het en n paar jaar daarna n tweede liefdes teleurstelling. Sy was met alles in haar daar vir my en as ek nou terug kyk weet ek dat as dit nie vir haar was nie ek nie deur dit sou kom nie. Ons het ook my Pappa aan die dood afgestaan 4 jaar gelede en dit opsig self was n vreeslike donker tyd in ons gesin se lewens. Ons het almal saam gestaan en mekaar ondersteun in daardie donker, baie hartseer tyd. Om af te sluit op n ligter meer gelukkige tyd wat ons gedeel het wat ons nader aan mekaar gebring het was my pragtige dogter se geboorte. Dit was n baie baie spesiale tyd wat ek en my mamma saam gedeel het en ervaar het. Die opgewondenheid, die saam beplan en shop vir die nuwe baba was een van die seisoene in my lewe wat ek altyd sal onthou en koester.
Antwoord 3: Ek glo dat daar nie n handleiding is vir n goeie verhouding nie maar dat dit kom met tyd en ouderdom. Dit kom met lewens ervaring, gebeurtenisse goed en sleg wat n mens nader bring aan mekaar. Hoe ouer ek geword het hoe nader het ek aan my mamma beweeg. Ek glo n mens moet vergewe en vergeet so gou moontlik as daar verskille is want ons het net geleende tyd op hierdie aarde. As mens dit besef dan sal mens mekaar automatise meer waardeer en die klein jakkalsies laat vaar. Wees lief vir mekaar want môre is nie beloof nie.