Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Ciska Taljaard

Ciska Taljaard

Dorp: Nelspruit

Antwoord 1: Wat ons verhouding spesiaal maak, is dat dit nie perfek gebore is nie dit is gegroei. My mams en ek se band is gevorm deur moeilike tye, eerlike gesprekke en ’n keuse om mekaar raak te sien op ’n nuwe manier. Toe sy deur ’n baie moeilike tyd is, het ons nader aan mekaar begin leun, en sonder dat ons dit besef het, het ons van ma en dogter na iets soos sussies en beste vriende gegroei.

Antwoord 2: Een van die minder goeie, maar mees vormende tye in ons verhouding was toe my mams deur ’n baie moeilike huwelik gegaan het. Dit was ’n tyd van seer, onsekerheid en baie stil trane maar ook ’n tyd waarin ons nader aan mekaar begin beweeg het. Ons moes leer om mekaar op ’n nuwe manier te vertrou, oop te praat en op mekaar te lean wanneer dit moeilik raak. Dit was nie altyd maklik nie, en ons verhouding was nie perfek nie, maar deur daardie tyd het ons begin groei saam. Ek het my mams nie net as my ma gesien nie, maar as ’n ongelooflik sterk vrou, en sy het my begin sien as iemand wat langs haar kan staan. Daardie tyd het ons band verdiep en verander in iets meer eerlik, meer sag en meer sterk. Vandag is ons verhouding gebou op begrip, respek en ’n diep waardering vir hoe ver ons saam gekom het.

Antwoord 3: Ons raad is om mekaar eerste as mense raak te sien, en nie net as ma en dogter nie. Gee mekaar genade om te groei, foute te maak en te verander. Kommunikasie is belangrik, maar so ook luister regtig luister, sonder om dadelik te oordeel of reg te wees. Moenie wag vir ’n perfekte tyd om nader te groei nie; soms gebeur dit juis in die moeilike seisoene. Wees eerlik, wees sag met mekaar, en kies elke dag weer vir die verhouding. Wanneer daar respek, vertroue en liefde is, kan ’n ma en dogter nie net familie wees nie, maar ook beste vriende.