Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Nicolette Brits

Nicolette Brits

Dorp: Benoni

Antwoord 1: My moeder Anna Minnaar en Ekke. Ons het ‘n onvoorwaardelike liefde vir mekaar. So infested op mekaar dat hek sal bv. dink ek wil Haar bel dan bel sy my. Ons het van die kosbaarste herhinneringe, lag, huil, saam bid oomblikke gedeel wat ek verewig sal koester Praat van ondersteun mekaar deur dik en dun. Sy is verseker my grootste beste ondersteuning sommer so saam al haar ander 4 x sussies. (Foto ook ingesluit) Ons het ‘n fondasie van vertroue sterk deur die jare op gebou. Ek veruil haar vir niks, ons is vir mekaar goud werd.

Antwoord 2: As baba het sy my verloor ek was reeds blou het nie meer asem gehaal toe sy die Here belowe as Hy my terug gee aan haar sal sy Hom in gees en waarheid dien en dis ‘n belofte wat ons saam na kom. Kyk die ‘mini me’ van haar het ek as kind met haar goed koppe gestamp. Maar ek weet haar bedoelings is in liefde en goed bedoel. Ek onthou in my koshuis dae was sy in ‘n ongeluk gewees en was afhanklik van ons naastes ek het geweier wou nie koshuis toe gaan daai tyd wou by haar wees maar ja sy het die laaste sê gehad. Ek was regtig waar van kleins af verknog aan haar wou nie eens skool toe gaan nie, het weg gehardloop uit die skool… maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag prefekte en hoof was betrokke. 🫣😂

Antwoord 3: Net soos in ‘n huwelik en enige ander verhouding. Moet nooit kwaad gaan slaap nie. Praat dinge uit. Die het ook maar deur die jare gekom. Ek was maar baie skaam en my ma ook. ‘N familie , ma en dogter wat saam bid en vertrou op ons God kan vêr stap deur dik en dun.