Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Rene Jansen van Vuuren

Rene Jansen van Vuuren

Dorp: Johannesburg

Antwoord 1: Tenielle is tans 21 jaar oud. Ek glo dat die pad wat ons saam gestap het, met sy struikelblokke wat ons saam moes aandurf, ons laat besef dat genoegsame vertroue, eerlike en openhartige gesprekke, en onvoorwaardelike liefde die wondergom was wat ons verhouding steeds laat saambind. Ons band is defenitief iets ekstra spesiaal en ook onbreekbaar! Eerlikheid, vertroue, openhartige gesprekke, onvoorwaardelike liefde asook begrip. Ons band is diep en eg, deur trane, lag en deursettingsvermoë versterk dit steeds daagliks. Sommige mense glo dat jou kind nie jou vriendin kan wees nie maar ons stem glad nie saam nie en kan die teendeel bewys, sy is my beste vriendin! Die oomblik toe ek hierdie kleine babatjie in my arms vasgehou het, het ek al geweet dat sy vreugde in my lewe gaan bring. Vandag beleef ek die vreugde van twee dogters op wie ek trots is vir wie hulle is. Ek klop myself op die skouer en voel dat ons saam so ‘n gedugte span is en dat ek hierdie innige verhouding met my dogters vir altyd sal koester.

Antwoord 2: Die ou gesegde lui mos: “Elke donker wolk het ‘n silwer randjie.” Tenielle en my lewensgeskiedenis getuig absoluut hiervan. ‘n Egskeiding na ‘n wankelrige huwelik van bykans 4 jaar, ‘n kleine baba ( 6 maande oud ), ‘n bankbalans en begroting wat gewissel het van nul tot uiters ‘n paar honderd rand per maand, het my op moed verlore se vlakte gehad. My ouerhuis was ons veilige vesting aangesien ons op daardie stadium geen ander verblyf gehad het nie. Gepaardgaande met liters trane, bekommernisse, die regte besluitnemings, groot verantwoordelikhede en besluite, absolute deursettingsvermoe, en bowenal my onwankelbare geloof, het my wonderlike ouers, enigste broer, asook my kleinsus, ons geweldig emosioneel, finansieel en fisies ondersteun. Sy en ek het mekaar se skaduwee, mekaar se liefde, mekaar se sonskyn, mekaar se kamerade en mekaar se beste vriende geraak. Hierdie liefde tussen ons was nie net beperk tot einas beter soen, drukkies en woorde nie, maar dit was vir my belangrik dat sy weet dat sy iemand het wat sal stilstaan wanneer haar wêreld voel asof dit wil breek. Hierdie liefde is getoets in vuur! As ‘n enkelmamma was my direkte fokus op my blou-oog dogtertjie en het ons twee saam hierdie nuwe hoofstuk met entoesiasme aangepak – daar was geen ander uitweg nie! Met my ouers se hulp het ons, ons later gevestig in ‘n meenthuis totdat sy 6 jaar oud was. ‘n Nuwe en besondere hoofstuk het aangebreek toe ek weer in die huwelik getree het. Ons ma en dogterverhouding was teen hierdie tyd reeds ‘n soliede en gevestigde band en werklikheid. EK het haar oorlaai met liefde en aandag. Skielik was daar ‘n welkome ‘n goeie voorbeeldstelling van ‘n pa en baie goeie eggenoot. Ons het nog ‘n dogtertjie ryker geword, Jenna is tans 10 jaar oud, ‘n ouderdomsverskil van 12 jaar! En so lief vir mekaar! Gedurende 2013 word ons een oggend ten midde van ‘n vlammehel wakker – ons hele huis word voor ons oë in ‘n brand total verwoes tot ‘n hoop as. Ons verloor soveel kosbaarhede, foto’s en tonne herinneringe. Tenielle sit verwese by die hek met haar Jack Russeltjie en weereens is almal se ondersteuning oorweldigend. In 2022 word my man gekaap op die R59 snelweg deur die blouligbende. Tenielle is die een wat kophou terwyl ek die opsporingsstelsel maatskappy kontak, hospitale, polisie, my ouers. Daardie grusame uur en ‘n half waartydens ons nie geweet het of hy leef of nie, word ons ma en dogter band weereens verstewig. Ons slaak ‘n sug van verligting toe my foon lui met vreemde nommer en ek hoor die huilende woorde: "Ek is ok......", BAIE emosioneel, vuil, geskop, geslaan, maar lewendig. Ons dank weer saam die Here. Die liefde tussen ‘n mamma en haar dogter wat deur baie stille trane, harde werk, die talle oomblikke wat jy op jou kind se tuiskoms wag, bid, vrees en hoop, is sekerlik een van die diepste en mooiste bande wat bestaan. Ons werk saam vir my man in sy spreekkamer. Hoe geseënd is ‘n ma en dogter wat mekaar elke dag kan sien! Ons donker wolk se randjie skitter met die blinkste silwer …. vir altyd!!!

Antwoord 3: Wees jou dogter se anker! Wees altyd daar en luister! Benader jou dogter met liefde, respek en opregtheid sodat jy vir haar ‘n voorbeeld stel wat sy eendag sal wil navolg. Vier altyd mekaar se uniekheid – dit gee vlerke om mee te vlieg! Nieteenstaande om haar vriendin te wees moet jy ook grense stel sodat sy ook besef dat sy op skool, universiteit, by die werk aan outoriteit en reëls blootgestel sal wees. Respekteer mekaar se emosies – niemand voel elke dag dieselfde nie. Dit is normaal om nie altyd perfek te wees nie. Wees ‘n mamma wat ‘n voorbeeld stel deur hoe jy met ander praat, hoe jy stress hanteer, selfrespek toon en grense stel. Baie belangrik is om kwaliteit tyd saam te spandeer, eerlik te kommunikeer, ‘n goeie luisteraar te wees en konsekwent te wees. Belangrikste is om die Here naby te hou – Hy is tog die Rots van enige verhouding!