
Dorp: Oudtshoorn
Antwoord 1: Blonde hare en groen oë, wat ‘n kombinasie. My ma en ek het ‘n spesiale verhouding wat nie maklik vervang kan word nie. Die idioom “Vinkel en Koljander, die een is soos die ander” beskryf ons baie goed. Ons lyk nie net dieselfde nie ons dink en ons manier van praat is ook dieselfde dit maak ons band nog sterker. Die woorde “ons verstaan mekaar” het ‘n diepe betekenis. Ek weet wat my ma gaan sê nog voor dat sy dit sê. My ma is nie net my ma nie sy is my beste vriendin en ek dink so ‘n spesiale ma en dogter band is ‘n voorreg om te hê. Nie almal het so ‘n band nie. Die feit dat ons mekaar so goed ken, maak dit maklik om idees en emosies met mekaar te deel. Ons help mekaar deur dik en dun. ‘n Bonus vir my ma is om draagliks te hoor wanneer ons in die dorp loop dat ons soos sussies lyk.
Antwoord 2: Die tyd toe ons al twee COVID gehad het, was nie n maklike tyd vir ons gewees nie. Dit het ons verhouding met rukke getoets, maar op die einde sterker gemaak. Ek het eerste COVID gekry. Ek was baie siek my ma en pa was baie bekommerd en besorg oor my omdat ek n hartritmeverteuring toestand het. Hulle was in daai tyd naby my gewees omdat hulle bang was en min het ons geweet my ma sou dit volgende kry. Met tyd het ek beter geword en my ma weer sieker. Ek kon dit nie verstaan nie want ek ken nie my ma as iemand wat lê nie en ek kon nie verstaan hoekom sy sieker was as ek nie. Dit het my frustreer om haar te sien lê. Omdat dit n baie spanningsvolle tyd was van siekte en onsekerheid het ek begin ongeduldig raak met my ma en toe het ek begin besef dat ek meer positief met haar moet praat sodat sy kan beter word. Sy het ook besef dat dit vir my (dogter) erg was om haar so te sien. Na die COVID het ons besef dat ons ook deur so moeilike tyd geweet het wat ons van mekaar nodig het om te volhart.
Antwoord 3: Die goeie raad wat ons het om te gee is: Maak seker dat julle n goeie kommunikasie raamwerk het. Vind iets waarvan julle al twee hou om saam te kan doen. Alhoewel julle n goeie band het en baie lief is vir mekaar is dit ook belangrik om mekaar se private ruimte en individualiteit te respekteer. Ondersteun mekaar in moeilike tye. Wees goeie luisteraars en lag gereeld saam, dit werk soos ‘n bom vir n goeie verhouding.