
Dorp: Paarl WC
Antwoord 1: My dogter was 3 jaar oud toe ek geskei is. Dit was net ek en sy onder baie moeilike omstandighede vir lank. Dit was net ek en sy altyd saam. Omstandighede het ons n ongelooflike hegte bond gebou.
Antwoord 2: Soos genoem, die Egskeiding was n minder goeie tyd in ons 2 se lewe. Ons het mekaar gehad en swaar kry tye. Sy is nou 19 en ons verhouding straal sodat ander mense dit kan sien.
Antwoord 3: Luister na jou dogter!! Gesels met mekaar. Wees haar veilige hawe vir geheimpies, geselsies, al die hartbreek tye wat gaan kom. Sy moet jou vertrou en nooit bang wees om jou te bel enige tyd, dag of nag. Tyd is so kosbaar en hulle is net vir so lank in ons huise. Dogters is n blommetjie gepluk en aan ons gegee deur Jesus. Hulle is spesiaal.