Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Tania Kruger Kruger

Tania Kruger Kruger

Dorp: Kimberley

Antwoord 1: My Mamma is my beste pêl. My lag maatjie, my berader, my vertrooster, my google, die slimste mens wat ek ken, my Koeks, my grootste ondersteuner. Ek vertrou haar met my hele hart. Ons deel dieselfde humor sin en ons kan lag tot die trane rol. Ons het n oop verhouding en deel ons diepste seer tot ons grootste prestasies. Daar is nie n dag wat verby gaan wat ons nie praat nie. Al het ons mekaar vir n lang tyd nie gesien nie is die oomblik wanneer ons mekaar weer ontmoet asof geen tyd verby gegaan het nie. Sy sien altyd net die mooi en die goed in my raak.

Antwoord 2: Ek is deur die lewe met my Mamma en saam aan haar lesse geleer, van egskeiding tot baie swaarkry tye en armoede. Deur al haar gesondheids challenges en operasies die laaste 10 jaar en al haar seer. Daar was n tyd waar die kerk vir ons gesorg en voorsien het maar sy sou honger gaan slaap net om ons magies te kon voer. Daar was n tyd waar sy goedjies in die huis moes verkoop het net om vir my en my sussie n kersgeskenk te kon koop. Syt ons skool toe geloop en daarna werk toe geloop. Syt het nooit opgehou baklei om net die beste tot haar moontlikke vermoëns te gee vir ons twee sussies nie. Ek kyk met bewondering na haar en na alles wat sy bereik het in hierdie lewe. Sy inspireer my en agv haar inspireer ek haar. Sy is die sterkste mens wat ek ken maar tog ook die nederigste mens. Op haar stil manier is sy n hero

Antwoord 3: Vergifnis Liefde oorheers alles Liefde wen ! Leer om mekaar te vergewe want ons is almal net mens. Iewers gaan n ma n dogter teleurstel en n dogter n ma. Ons moes al baie trane afvee en het ons mekaar ook al seergemaak maar dit het ons net sterker gemaak. Ek sal my lewe lank lief wees vir my Mamma want sy het my gedra binne haar, lewe aan my geskenk en my die vrou gemaak wat ek is vandag. Soos sy deur die jare gegroei en haarself opgewerk het in die lewe,so het ons verhouding ook. Alles wie ek is vandag is te danke aan n Mamma wat nooit opgegee het nie.