Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Jenna-Ann Cameron

Jenna-Ann Cameron

Dorp: Pretoria

Antwoord 1: Ons verhouding is uniek op baie vlakke. Maar meer spesifiek op die vlak van hoe ek en my ma connected is met mekaar op n emotionele vlak. Dit gaan vreemd klink as ek se ons gevoelens en emosies word gedeel. Laat ek verduidelik. Ek was graad 10, en op n gewone dag in die middel van my school dag, in pouse, kry ek n oorhersende gevoel van hartseer en verlies. Ek kon nie verstaan toekom nie, daar was geen rede of gebeurtenis wat ek ervaar het om dit te verduidelik nie. Daardie middag, soos elke ander dag na skool, vra my ma vir my hoe my dag was, en ek verduidelik to vir haar van hierdie hartseer gevoelens wat ek beleef het uit nerens uit die - en ek doen toe nogsteeds. Sy vra toe vir my hoelaat was dit toe ek hierdie begin voel het? So vreemd as wat ek haar vraag oor n spesifieke tyd gevind het, antwoord ek toe "so rondom 10:00/10:30". Ek kon toe sien in my ma se oe en gesigsuitdrukking n mutual hartster en trane. Sy verduidelik toe vir my hoe sy rondom daardie typ die oggend uitgevend het haar vriendin het kanker. Vir meeste mense mag hierdie ervaring na n hyperbool klink, maar tussen my en my ma het ons mekaar gevoel, verstaan, op dieselfde typ op 2 wyd verskillende plekke. Van daardie dag af het ons oomblike gehad wat dieselfde gebeur, behalve hierdie keer wanneer ons gevoelens kry wat ons nie kan verduidelik nie, gaan hoor ons hoe dit gaan met die ander persoon en of holle ok is. Ons diep konneksie dra ons deur die goeie en die minder goeie tye en skep n fondasie van veiligheid en vertroue waarin ons mekaar kan ondersteun en lief hê.

Antwoord 2: Soos enige ma en dogter verhouding gaan daar "ups and downs" wees. Maar tussen my en my ma het ons altyd n manier om deur moeilike en goeie tye, sterker aan die ander kant uit te kom. n Paar oomblike wat onmiddelik vir my op kom, wat uiters moeilik was, was my eerste break-up - en as n extension, my ouers se belewenis van hul kinders se eerste break-up. Die beste manier wat ek daardie tydperk kan beskryf is chaoties, deurmekaar en onvoorpselbaar. In die middel van al die pyn en verlies was my ouers en my ma altyd daar langs my sy. Sy het haar werk, verantwoordelikhede en vriende eenkant geskuif en al haar tyd gespandeer om my te ondersteun en lief te he. Alles in haar vermoe gedoen en gegee, vir my. Daar is n sekere fondasie en pilaar wat nie visueel gesien kan word nie maar konstant bly tussen ons ten alle tye. Soortgelyk was en is hierdie pilaar belangrik toe my pa n beroerte gehad het, my oupa (ma se pa) oorlede is en ek jare gelei het aan n eetversteuring. In goeie tye was dit dieslefde maar net makliker! Tydens my akrobaat sport 'career' was die saam wees, in tyd op die pad na kompetisies toe, of die koppie tee agter die eksamen boeke in die aand, altyd in liefde en ondersteuning om dit eerstens te geniet ter ere van God en my beste 'ek' te wees in elke oomblik. Ons maak altyd seker ons is daar vir mekaar, nie net wanneer ons mekaar nodig het nie, maar ook in ons blydskap en 'celebrarions'. Ons fondasie is gegrond in eerlikeheid, vertroue en baie belangrik, oop en respekvolle kommunikasie veral wanneer ons nie saam stem nie en die onderwerp uitdagend is. Ons interaksies is altyd vir mekaar, nooit teen mekaar nie, vir die groei van ons verhouding.

Antwoord 3: Praat, praat, praat. Maar meer belangrik is om te luister om te verstaan waar die ander persoon vandaan kom, eerder as om te luister vir die eenvoudige rede om net te antwoord vir jou eie gewin. Die cliche dat kommunikasie n verhouding kan maak of breek, is in ons ervaring, die grootste waarheid wat iemand al gespreek het. In kort, he die moeilike gesprekke, praat met n oop hart, luister met n oop kop en ontvang met oop arms. So eenvoudige as wat dit klink, is dit vir ons n wen resep.