Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Maro-Lee Stander

Maro-Lee Stander

Dorp: Port elizabeth

Antwoord 1: Ons verhouding is baie spesiaal, dit het deur die jare natuurlik gegroei in iets baie meer as net ma en kind. Ons gesprekke is maklik en eerlik oor die lewe, liefde, uitdagings en die groot en klein dinge tussenin. Daar is baie lag en begrip en ons sien albei mekaar vir wie ons regtig is.

Antwoord 2: Ons goeie en slegte tye is soos n whatsapp groep:Party dae vol lag en memes, en ander dae vol misverstande en ongemaklike stiltes.Dis die klein botsings en oogrol-oomblikke wat ons verhouding sterker maak. Aan die einde van elke dag is daar liefde,lojaliteit en koppies koffie (soms n uitdagende cocktail )wat alles weer regmaak.

Antwoord 3: Ons raad vir ander Ma's en dogters: - Luister na mekaar. - Julle hoef nie altyd saam te stem nie. - Praat eerlik maar met liefde. - Respekteer mekaar se grense. - Lag altyd Saam. - Onthou julle is n span , nie teestanders nie. 'n Ma en Dogter verhouding vat werk, geduld,en baie liefde, maar dis een van die mooiste kosbaarste bande wat daar is.