Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Anja en Liana Nel

Anja en Liana Nel

Dorp: Vredendal

Antwoord 1: Ons is een mens in twee liggame. As iemand ons sien, dan vra hulle is ons susters, en nie net om te praat van die uiterlike nie. Ons kan enige iets deel met mekaar, wanneer ons wil. Daar is altyd tyd vir mekaar. My ma is my beste vriendin en sy verstaan my beter as enige iemand. Ons het lief op dieslefde manier, ons deel dieselfde belangstellings. Ons dink op dieselfde manier oor dinge en ons weet presies hoe die ander een voel wanneer ons net na mekaar se liggaamstaal of gesigsuitdrukkings kyk. Ons verhouding het al baie diepe waters deur gemaak maar hy kom elke keer sterker aan die ander kant uit.

Antwoord 2: N minder goeie tyd was toe my ma se pa baie siek was en in sy sterf bed gelê het - ons is albei baie na aan hom en het baie tyd daar spandeer. Dit was 4 weke van hel voor hy oorlede is. Elkeen het dit op ons eie manier hanteer en verwerk maar in daardie stadium het my en my ma se verhouding baie houe gevat. Ons het ver uit mekaar gedryf. Ons het verby mekaar geleef, sy het goed van my weggesteek van my oupa waarvan ek nie gehou het nie. Ek het probeer aan gaan met my lewe want ek was jonk. Ons het die dag na sy sterfte op die strand gaan stap en hartjie klippe opgetel. Sit en huil van kwaad, verlange en moegheid maar tussen deur alles het ons die stukkies van ons verhouding weer opgetel, baie gepraat en jammer gese. Gese hoe lief ons mekaar het hoe nodig ons mekaar het. En vandag is die band sterker as ooit.

Antwoord 3: Om te luister sodat jy kan verstaan voordat jy net antwoord en wil preek, maar ook dat jy raad kan gee. Moenie dadelik judge nie. Wees ten alle tye oop en eerlik. Ons deel alles met mekaar. Respekteer mekaar se grense, en besef jou dogter word ouer al bly sy die dogtertjie in jou oë. Vergewe mekaar vinnig, praat die probleem uit sodat julle mekaar weer lief kan hê die lewe gaan te vinnig verby. Maak tyd vir mekaar as julle mekaar nie elke dag kan sien nie al is dit n vinnige boodskap of oproep.