
Dorp: Bloemfontein
Antwoord 1: Ons kan saam huil, maar o aarde, kan ons lekker saam lag?! Ons maak net oogkontak en dan bars ons uit van die lag, want ons deel dieselfde humorsin. Ons glo die lewe is mooi en goed, en glo dat Aspoestertjie se woorde báie wys is (ons het die film al 1000 keer gekyk) :"Be courageous and be kind." Nie net deel ons die saam lag en saam kosmak en bak nie, maar ons deel n liefde vir skryf en mooi musiek. Carliné is my hartsvriendin, inspirasie en die mooiste stuk van my hart wat buite my lyf rondloop.
Antwoord 2: My skoonsus (en Carliné se tannie) is met borskanker diagnoseer. Carliné is saam met my toe ek die oggend my hare gaan skeer het as n blyk van 'ons stap die pad saam'. Dit het ons laat besef die lewe is n asem lank. Dis hiér en noú wat saak maak. Ons moet mekaar waardeer en nie wag vir n geleentheid nie. Maar sommer net bymekaar wees, saam tee drink in die winterson en waatlrmoen eet dat die stroop teen ons wange afloop op n somersmiddag. Ons het besef ons moet fotos neem en ons bymekaar-wees altyd waardeer. Nie net wanneer daar iets soos n verjaarsdag of n prestasie gevier word nie, ook nie wanneer ons grimeer is of mooi aangetrek is nie. Maar sommer lawwe oomblikke in ons slaapklere en kaalvoete! Elke oomblik is n rede om te vier!
Antwoord 3: Wees dánkbaar. Lééf dankbaar. Doen dinge saam! Maak opsetlik tyd vir saam-wees. Dra mekaar se seer, deel mekaar se vreugde, gee raad en luister of maak ten minste of jy luister 😀 Lééf in liefde en Lig!