
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ek het uitgevind ek is swanger n week voor my 21 verjaarsdag September 2000. Ek was so op my senuwees en gevoel of my wereld inmekaar tuimel. Ek was skaam en het vernederd gevoel. My dogter was n 4.1 kg baba …. Sy was “Perfect” Ek was nog n kind, maar wat n ervaring. Sal dit vir niks in die wereld verruil nie. Die dag met haar doop speel Laurika Rauch se Sonneblom uit Bethlehem op die radio… ek kyk na haar en se vir my man… haar bynaam is Blommie🌸… sy is my Blom Jare het verbygegaan en ek is intussen geskei met n klein boetie extra. Sommige dae was nie maklik nie, maar sy was altyd my “comfort” Moeilike dae het sy altyd gekom en liefies gegee en gevra “is mamma okay?” en ek het altyd vir haar gese sy is my ou staatmakertjie. Sy was heeltemal te groot vir haar skoene, maar kon my altyd lees soos n boek. Vandag is sy 24 en getroud met n fantastiese man. Sy is nogsteeds my “to go to” Ons verhouding is so spesiaal. Sy is my beste vriendin en sy het n pragtige jong vrou uitgedraai waarop ek ongelooflik trots is. Ons verstaan mekaar met een kyk. Ons is ma en dogter, maar ook meer! Ek en Blommie sal julle prys so geniet en die tyd saam en ons sal jul trots maak!
Antwoord 2: Dene is getroud 28 Junie 2025. N maand of so voor die groot dag, het sy gevra of ek die aand voor haar groot dag by haar sal slaap. Sy wil net my by haar he… ek het so spesiaal gevoel. Niemand anders, net mamma. Haar naaste vriendinne en alle ouers het vir haar briefies geskryf. Die aand voor die troue het Ons het klaar met die gaste gebraai en ek en sy is “chalet” toe met n bietjie doef doef musiek. Ons het gebad en met ons jamies op die bed gaan sit. Briefies is uitgehaal en sy het gevra ek elkeern vir haar voorlees. Wat n voorreg vir my… vir ons. Bietjie van n tranedal en bietie giggels daarby. Ons het myne gelos vir laaste…. Elke oomblik ingeneem en ons twee sal dit nooit vergeet nie.
Antwoord 3: Ma en dogter mag verskil… ons doen baie. Dis nie altyd perfek nie. Ons Neem n oomblik, raak rustig en praat dan. Soms aanvaar ons, ons opinies mag verskil… dis ook okay. Bly ons lief vir mekaar… absoluut.