
Dorp: Pretoria
Antwoord 1: Ons is meer soos beste vriendinne as ma en dogter. Ek dink soms dat ons maar sussies kon gewees het. My ma weet altyd waar om te vat, en waar om te los en daar is niks lekkerder as om saam met my ma te werk nie.
Antwoord 2: Ek dink almal sal kan verstaan as ek sê, ons was saam deur 'n moeilike tyd tydens Covid. Ek en my ma moes saam staan deur diepe waters en sterk staan vir ons familie, soos baie ander mense maar ook. Vandag weet ons dat dit nie saak maak wat op jou pad beland nie, as mens saam staan kan mens baie berge versit.
Antwoord 3: Tyd wag vir niemand, wees altyd positief en behulpsaam. Gee soveel as moontlik tyd en liefde aan jou ouers en wees dankbaar. Sien die dinge in die lewe wat jy het in plaas daarvan om te fokus op dit wat jy nie het nie.