Inskrywings | rooi rose

Kompetisie inskrywings

← Terug na alle inskrywings

Doreen du preez

Doreen du preez

Dorp: Helderkruin roodepoort

Antwoord 1: Ons liefde en respek vir mekaar maak ons verhouding spesiaal. Ons kom baie goed oor die weg en gesels gereed, broni laat my drie jarige kleinkind my ook gereel video call. Sy maak my deel van hulle lewe deur altyd die oulike goesjies met my te deel. Ons is ongelooflik lief vir mekaar en deel van daardie liefde is respek vir mekaar en ook gesonde “boundaries” ten op sigte van haar huwelik en gesin, dit kom normaal sonder om te vra. Sy is n wonderlike ma en vrou vir haar man en hulle het met die geloof van n mostert saadjie sukseavolle besighede begin waar hul so baie goeshartigheid wys teenoor mense. Haar omgee hart maak dit maklik om vir haar lief te wees. Haar grootste droom is sie jaar om n kinderhuis te bou in bredel kempronpark. Ons spandeer ook lekker tydjies saam waneer ons kuier en ek moet net altyd keer want su bederf my so baie. Ek vertrou haar met my hele hart en weet dat sy net altyd die beste motiewe en denke het teenoor my en ander. Ons kan saam laf wees en net lag en glo ky broni is n regte “prankster” en kan jou siel lekker uittrek. Ons is gewone mense plat op die aarde en baie lief vir mekaar.

Antwoord 2: Daar was nie regtig n moeilike tyd nie, ek weet dit klink dalk onmoontlik maar ons kom goed oor die weg. As ek aan iets moet dink dan sal ek dalk net noem dat toe sy mamma geword het en soos alle eerste mammas soms voel dit oorweldigend en eintlik het sy wonderlik gedoen maar sy het soms gevoel sy is veronderstel om meer te doen, maar sy het vinnig in haar rol as mamma ingepas en sy is n wonderlike mamma.

Antwoord 3: Raad aan n ma met n getroude dogter is, wees lief vir hulle huwelik, moenie ongevraagde advies gee nie, moenie inmeng nie en hou altyd gesonde “boundaries”. Voor jy iets se dink mooi of dit nodig is en bid vir jou kinders.