
Dorp: Witbank
Antwoord 1: Ek en Anika is mekaar se Jin en Jang. Ons is so verskillend maar saam vul ons mekaar aan en word 'n wonderlike eenheid. Van daai babatjie met die blonde krul haartjies en blou ogies het ons verhouding net sterker geword oor tyd. Ek is die ekstrovert wat maklik kan gesels en vriende maak waar Anika die stil een is wat die kamer eers baie versigitg lees en dan kies met wie sy sal praat. Sy was nog altyd uniek met 'n teenwoordigheid wat mense laat kyk en luister. Sy is beeldskoon maar in 'n stil, selfversekerde manier wat ander half intimideer sonder dat sy dit weet. Al van skool af kon ons nie wag om na skool of na die skool sokkie, alles in detail te bespreek nie. Wie het wat aangehad en met wie is gedans, dan het ons tot laat in haar bed gesels en koffie gedrink. My grootste begeerte was nog altyd dat my kinders enige iets met my kon bespreek, of dit nou goed of sleg was. Self nou dat sy getroud is vir 4 maande, hou ons daai band. Ons praat nie elke dag nie maar as ons gesels is dit asof ons gister gesels het. Ek het geweet ek kan nie my drome deur haar lewe nie, sy het haar eie drome en eie pad wat sy so mooi loop. Sy verbaas my elke dag met haar selfvertroue. Sy is vreesloos en werk hard vir haar toekoms. Sy is baie sterk voor ander maar saam huil ons lekker as ons fliek of 'n goeie boek lees. Ons gesels oor enige onderwerp van skoene koop tot geloof of politiek., want ons weet ons gedagtes is veilig by mekaar en niemand veroordeel die ander vir sy iddes of perspektief nie. Ons gee mekaar raad, laat mekaar lag dat die trane rol en is mekaar se veilige plekkie in die besige wereld. Sy is my hart se punt.
Antwoord 2: In 2019 het ek het besluit om saam Anika te bly vir haar eerste week in Potchefstroom op universiteit. Sy het alleen in 'n woonstel gebly en dit was vir my erg om haar net so te los ver van die huis af. Dit was 'n baie emosionele week as eerste jaartjie. Sy was bang en onseker maar wou nie swak voorkom nie maar die trane het party dae gevloei, maar darem was mamma daar. Ek het maar woonstel skoon gemaak en kos gemaak terwyl sy besig was deur die dag en dan saans het ons op die bank gesit en flieks gekyk terwyl ek met haar hare speel en haar rug krap tot sy slaap. Dit was een van my kosbaarste tye saam haar en ek dink nog baie daaraan. Wat 'n voorreg was dit nie om deel te kon wees van hierdie groot oomblik in haar lewe.
Antwoord 3: Ek skryf hierdie woorde namens ons altwee want ons voel so sterk daaroor, mammas moet "present" wees. Spandeer tyd met jou dogter, luister wat sy gesels sonder om haar te probeer reg help of in 'n rigting indryf. Luister sonder veroordeling. Dogters, waardeer en respekteer julle mammas. Hulle weet waardeur julle gaan en probeer partykeer julle hartseer spaar. Respek, respek en nog respek vir mekaar. Aanvaar mekaar soos julle is, almal kan nie slim sterk of mooi wees nie, so moet nie mekaar probeer vergelyk met ander nie. Laastens, moet mekaar nooit laat voel dat jy opgee met die ander een nie. Al gaan dit partykeer rof, moet ons altyd weet jy het my nie verlaat nie. I got you!